JHB-voertuigtoetsstasie gesluit na vrou sterf

ʼn 29-jarige vrou is Maandagoggend dood by die Martindale-voertuigtoetsstasie in Johannesburg, waar sy as ʼn kassier gewerk het.

ʼn Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, hoofsuperintendent Wayne Minnaar, sê die stasie sal vir die res van die dag gesluit wees. Hy sê die oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie en sal ondersoek word. Die vrou het glo flou geval en is op die toneel dood. Minnaar sê aansoeke wat reeds Maandagoggend by die stasie ingedien is sal steeds verwerk word. Hy sê egter nuwe aansoeke vir registrasie en lisensiëring kan by lisensiekantore in Roodepoort, Randburg, Marlboro, Midrand en Langlaagte ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.