JHB-vrou het glo haar man vermoor, begrawe

Meer as ‘n maand ná ‘n man van Lenasia vermis geraak het, is sy vrou in hegtenis geneem vir sy moord en word sy daarvan aangekla dat sy sy oorskot in ‘n vlak graf begrawe het.

Die polisie het Dinsdag gesê hulle het ‘n wenk ontvang wat hulle na dié graf toe gelei het, berig EWN. Vier bure is ook in hegtenis geneem op aanklag dat hulle die vrou gehelp het om die man te begrawe. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het gesê die vrou het glo met die man baklei. “Die bure het haar gehelp,” het Makhubela gesê. Die vlak graf was op ‘n oop stuk erf opgespoor. Die vyf verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.