JHB-vrou met ongelisensieerde vuurwapen betrap

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou van Johannesburg is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, het die polisie Vrydag gesê.

“’n Skoonmaker by die Carlton-sentrum in die middestad van Johannesburg was besig om die toilette skoon te maak toe sy op ‘n vuurwapen, wat in bruin papier toegedraai en in ‘n emmer versteek is, afgekom het,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar was ook ‘n selfoon langs die vuurwapen. Die skoonmaker het alles net so na die sekuriteitskantoor geneem.”

‘n 30-jarige vrou het later haar selfoon kom soek en die skoonmaker het vir haar gesê dit is by sekuriteit. “Sy is na die sekuriteit se kantoor waar die polisie haar ingewag het.”

Volgens Mbele het die vrou aangevoer die vuurwapen behoort aan haar kêrel. “Die polisie het die man gebel om sy vuurwapenlisensie te kom wys, maar hy het nooit opgedaag nie.”

Die polisie het deur hul ondersoek bevind dat die vuurwapen aan ‘n man behoort wat in 2005 gesterf het. “Die vrou word by die sentrale polisiestasie in Johannesburg aangehou en word van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie aangekla. Sy sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.