JHB weer van elektrisiteit voorsien

elektrisiteit 3City Power het bevestig dat alle gebiede in Johannesburg weer van elektrisiteit voorsien word nadat kragonderbrekings die afgelope week die stad geteister het.

“Indien daar tans kragonderbrekings ervaar word, is dit nie die gevolg van die onwettige staking nie,” het Sol Masolo, woordvoerder van City Power, in ‘n verklaring gesê. Daar is blykbaar steeds geïsoleerde gevalle, onverwant aan die staking, waar kragonderbrekings ervaar word.

‘n Paar honderd ontevrede werkers het Woensdag begin staak oor ‘n nuwe skofsisteem wat tot die kragonderbrekings gelei het. City Power het gesê die nuwe skofsisteem sal dienslewering verbeter. Verskeie beheersentra is ingestel om seker te maak dat daar nie weer met die kragnetwerk gepeuter word nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Faith Mazibuko, LUR van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê het dat die stakende werkers verskeie substasies in die stad gesaboteer het. “Dit is terrorisme,” het sy gesê.

City Power het Saterdag gesê hy het met twee vakbonde oor die staking onderhandel. Die maatskappy het onderneem om slegs met twee vakbonde, die SA Municipal Workers’ Union (Samwu) en die Independent Municipal and Allied Trade Union (Imatu) te onderhandel, weens die “formele” kanale waarop daar vroeër ooreengekom is. Masolo het nie verdere besonderhede hieroor verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg Net ·

Maroela Media het vroeër berig dat Faith Mazibuko, LUR van gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê het dat die stakende werkers verskeie substasies in die stad gesaboteer het. “Dit is terrorisme,” het sy gesê.
Nou wat word aan die terroriste gedoen? Verhoging of bevordering?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.