ʼn Kennisgewing is oor die naweek by oud-pres. Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, afgelewer wat dreig om sy munisipale dienste af te sny indien uitstaande skuld nie vereffen word nie.
EWN het ‘n afskrif van dié kennisgewing bekom wat aandui dat meer as R6 000 aan die munisipaliteit van Johannesburg verskuldig is. Die stad Johannesburg is glo besig om ondersoek in te stel oor die rekening. Die kennisgewing, gedateer 1 Augustus, sê die munisipale rekening is vir 30 dae agterstallig. Volgens die kennisgewing gaan alle munisipale dienste na die woning afgesny word, waarna regstappe gedoen sal word indien die uitstaande bedrag van R6 468.48 nie binne 14 dae vereffen word nie.
City Power het nie aan EWN bevestig of Mandela se rekening agterstallig is nie. Hulle het ook nie die moontlikheid dat die kennisgewing by die verkeerde perseel afgelewer was, uitgesluit nie. Die stad het onderneem om Maandag aan EWN terugvoer te gee oor dié saak.
Die Nelson Mandela-stigting het hom van die beweringe gedistansieer, en gesê die stad moet seker maak van sy feite. Hulle het ontken dat Mandela enige uitstaande rekeninge het. Die stigting dring daarop aan dat die stad op die beweringe reageer.
Mandela word al vir die afgelope twee maande in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria behandel vir ʼn voortdurende longkwaal. Volgens die jongste verklaring van die presidensie oor Mandela se gesondheid bly hy in ʼn “kritieke maar stabiele toestand, en toon hy tekens van verbetering”.
Bron: EWN
Al wat mens hoor is dat hy ernstig maar stabiel is en tekens van verbeterings toon. Indien dit wel so is moes hy nou al spring lewendig gewees het.
Dis waar segnet. Miskien moet hulle die hospitaal se krag afsit dan sal alles opgelos wees!
My huis se krag is 5 maande gelede sonder enige kennisgewing afgesny, nadat ek vir 2 maande agter was. Hoekom het ek ook nie eers ‘n kennisgewing gekry nie, of moet mens eers met masjiene aan die lewe gehou word om te kwalifiseer ?
Jy is seker wit, dis hoekom dit afgesny was! lol
Dit is nogal tragies dat jou velkleur bepaal of die demokrasie vir jou geld of nie.
Ag asseblief.
Wat krag aanbetref,ons betaal mos vir hulle ook,dis hoekom die rekenings so hoog is,ek is ook nie lelik nie,my kinders sukkel al vyfmaande om hulle krag rekening op datum te kry,so dat hulle weer kan krag he,sny syne ook ma,wat is hy beter as ons wit mense,
Is hy te heilig om n rekening te ontvang?
Dit staan duidelik in die grondwet dat almal gelyk is voor die wet.