Sekere voorstede in Johannesburg, veral aan die Wes-Rand, is Vrydag sonder water gelaat.
Volgens Johannesburg Water (JW) word veral Helderkruin, Constantia, Horison en die aangrensende gebiede geraak. JW sê elektriese probleme by Rand Water het veroorsaak dat ‘n pomp nie water na die watertorings en ander opgaarplekke kon voorsien nie. Tegnici het egter reeds die probleem opgelos en water is weer besig om op te gaar.
Die watertoevoer na die meeste voorstede in Johannesburg is reeds herstel, maar werk duur nog voort aan die bogenoemde woonbuurte se watertorings.
– Sapa