Jimmy Carter wou Mbeki bydam

Jimmy Carter, voormalige president van Amerika

Jimmy Carter, voormalige president van Amerika

Voormalige president Jimmy Carter van Amerika het voormalige president Thabo Mbeki glo byna met die vuis bygedam oor MIV/Vigs-behandeling in die land, het die Sunday Times berig.

“Die eerste keer wat ek Kaapstad besoek het, het ek byna die president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, bygedam, omdat hy geweier het dat Vigs behandel word,” het Carter aan die koerant gesê.

Carter sê Manto Tshabalala-Msimang, voormalige minister van gesondheid, het by Mbeki gestaan. “Dit is die naaste wat ek nog ooit gekom het aan ʼn vuisgeveg met ʼn staatshoof.”

Carter sê hy en Bill Gates snr. het Mbeki probeer oorreed om ten minste antiretrovirale behandeling aan swanger vroue met Vigs te bied, “maar Mbeki was daarteen”.

Carter was Amerika se 39ste president tussen 1977 en 1981.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Erich Goosen ·

Oormatige gebruik van grondboontjies kan lei to aggressiewe gedrag.

Somerset (Sommie) Morkel ·

Pleaks dat hy dit wel gedoen het, want sou Mbeki dalk wakker geword het, al was dit net ‘n warm dwarsklap. Mbeki was ‘n hoogmoedige man wat vere gevoel het vir die gewone man op straat. Sy forte was om in internasionale diplomatieke kringe te beweeg en sy hooghartige filosofiese agenda van die ‘Afrika Renaissance’ – ‘n rassistiese agenda – te bevorder. Hy het so kontak met die grondvlak verloor dat hy later uitgeskop is voor sy termyn verby was. Toe kies hulle ‘n man vd grondvlak af – hy het nie eens ‘n goeie st 8 nie en nou kan hy nie die land regeer nie, maar die Vigsmedisyne het darem na vore gekom..

nic van rensburg ·

Ai so ‘n boonboer! Orienteer hom Jims my ou maat – een teen die oor en een teen die teer
So jammer hy het nie, dit sou baie snaaks gewees het, goeie komedie man! :)

Jasper ·

Oom Jimmy, wanneer kom jy weer oor ? Ons sukkel hier met nog n paar knape.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.