Joernalis glo aangerand by ANC-konferensie

ʼn Fotojoernalis is glo Saterdag aangerand tydens die ANC se provinsiale verkiesingskonferensie in Limpopo.

Die joernalis was glo by die verkiesingkonferensie om beweerde duplisering van stemkaartjies te ondersoek. Die vryskut fotograaf, Chester Makana, het aan Sapa gesê hy is met ʼn baksteen teen die kop geslaan deur twee mans by ʼn drukkerbesigheid wat hom glo wou keer om foto’s te neem. “Hulle het uitgekom en my gevra hoekom ek foto’s neem. Hulle het my toe begin aanval. Dit was erg.” Makana het beserings aan sy kop opgedoen. Makana is glo ingelig dat stemkaartjies gedupliseer word. Makana sê die twee mans het glo sy kamera gegryp en sy geheuekaartjie vernietig voor hulle hom weggejaag het. Hy is na die naaste polisiekantoor waar hy ʼn saak teen die mans geopen het. ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Hangwana Mulaudzi, het bevestig dat ʼn saak van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak is. ʼn Provinsiale woordvoerder van die ANC, David Masondo, sê hy is bewus van die voorval en dat ʼn interne ondersoek van stapel gestuur is.

Intussen is die premier van Limpopo, Cassel Mathale, as die ANC-voorsitter in die provinsie aangewys. Meer as ʼn duisend afgevaardigdes het Saterdagaand by die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus gestem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.