Joernalis in Mumbai deur bende verkrag

ʼn Jong vroulike fotojoernalis is Donderdagmiddag in Mumbai, Indië, deur ʼn bende verkrag terwyl haar manlike kollegas vasgebind en aangerand is.

Polisiekommissaris Satyapal Singh het gesê die voorval is soortgelyk aan die bendeverkragting van ʼn universiteitstudent wat in Desember daar plaasgevind het.

Volgens Singh is die joernalis opdrag gegee om foto’s van ʼn ou verlate tekstielfabriek in die suide van Mumbai te gaan neem, toe vyf mans haar en haar kollegas konfronteer het. Hulle het glo aangebied om te help dat hulle toestemming kry om in die fabriek foto’s te neem.

“Die mans het haar manlike kollegas se hande met gordels vasgebind en aangerand, waarna hulle haar al om die beurt verkrag het,” het Singh gesê. Die vrou, in haar 20’s, is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

Die aanval kom te midde van verhoogde kommer oor seksuele geweld in Indië.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ivor ·

The world is overpopulated…more births than deaths…
It will happen till kingdom come…to many exposed to violence…
The world can never heal itself…with humanity like this…

Wonder by myself…where is sensational queen on this topic?…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.