Joernalis lê klag teen Zuma-beskermingseenheid

Zuma se konvooi verlaat oudpresident Mandela se huis in Houghton, Johannesburg. Foto: EWN/Twitter

Zuma se konvooi verlaat oudpresident Mandela se huis in Houghton, Johannesburg. Foto: EWN/Twitter

ʼn Joernalis van Eyewitness News (EWN) het Maandag ʼn strafregtelike klag teen president Jacob Zuma se BBP-beskermingseenheid aanhangig gemaak.

Pippa Rowles, woordvoerder van Primedia, sê Reinart Toerien het ʼn klag van aanranding aanhangig gemaak. Konst. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn saak by die Norwood-polisiestasie geopen is. Mulamu sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en dat die polisie die saak ondersoek. Toerien is glo Maandag deur een van Zuma se lyfwagte aangerand buite oudpresident Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg. Zuma het Mandela gister besoek. Volgens EWN het Toerien op die sypaadjie gestaan en beeldmateriaal geneem terwyl Zuma se konvooi die huis verlaat het. Een van Zuma se lyfwagte het Toerien glo deur die motor se venster geklap en vir hom gesê om te “voertsek”. Katy Katopodis, hoofredakteur van EWN, het die gebeure veroordeel. Sy sê dit is skokkend dat Zuma se lyfwagte dink hulle kan so “straffeloos” optree. Lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die nasionale polisiehoof Riah Phiyega, sê Phiyega sal later ʼn verklaring oor die voorval uitstuur. Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het alle navrae na die polisie verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JB ·

En daar gaan WEEREENS niks aan die “barbaar” gedoen word nie!!!

Trippie ·

Toemaar, hy sal niks oorkom nie ! Dalk net ‘n ligte tikkie oor die vingers !

Henk Venter ·

Hierdie manne van Zuma en ingeheel, die bende wat die sogenaamde ministers en kie vergesel, dink die land behoort aan hulle. Zuma en sy ministers is hulle eie en enigste grootste bedreiging. Niemand in die wereld het tyd om te mors deur hulle te probeer leed aandoen nie, gesien in die lig van die feit dat hulle reeds oppad is hel toe! Wat regverdig hulle sinnelose maniese gejaag deur die strate van ons dorpe en stede en op ons nasionale paaie tussen stede?
Nasionale veiligheid? ASSEBLIEF hulle is die grootste bedreiging vir ons land se nasionale veiligheid!

leon ·

More Trip en almal. Daar gaan nie eers weer iets gehoor word van die saak nie. Hulle is onaantasbaar. Kyk na een voorbeeld. Juluis Malema. Hy doen wat hy wil en loop heeldag en droog maak.

johanna goosen ·

En ou Jacob Regop het seker in die motor gesit en niks geweet nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.