Joernalis uit Zimbabwe-tronk vrygelaat

‘n Fotojoernalis van Nieu-Seeland, wat onlangs in Zimbabwe in hegtenis geneem is, is na 25 dae in aanhouding vrygelaat.

Die 36-jarige Robin Hammond wat vir Brittanje se Sunday Times werk, is op 16 April naby die Suid-Afrikaanse grens in hegtenis geneem na hy sonder akkreditasie oor Zimbabwe se voorvlugtelinge berig het. Die media in Zimbabwe word streng gereguleer en joernaliste word nie toegelaat om sonder akkreditasie daar te werk nie.

Hy moes die 25 dae in ʼn vuil en beknopte sel in die Beit Bridge-tronk deurbring waar hy glo gemartel is en ten alle tye moes ontken dat hy ʼn joernalis is. Hy is uiteindelik na twee weke na ʼn tronk in Harare verskuif. Twee liefdadigheidsorganisasies het sy vryheid bewerkstellig. Hy is tans terug by sy huis in Parys, Europa.

–   Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.