Joernalis wat Amerikaanse spioenasie oopvlek, verlaat Guardian

Glenn Greenwald. Foto: EPA

Glenn Greenwald. Foto: EPA

Glenn Greenwald, die bobaas ondersoekende joernalis van die Guardian wat die Amerikaanse NSA en die Britse GCHQ se spioenasie op bevriende lande en die publiek oopgevlek het, gaan die koerant nou verlaat.

Greenwald het bekend gemaak hy gaan die koerant verlaat “om ‘n droomgeleentheid aan te gryp”. Hy het die aankondiging gedoen na die nuus van sy vertrek voortydig uitgelek het, maar wou nie sê wat die geleentheid behels nie.

Greenwald se berigte het geleun op die onthullings van die Amerikaanse fluitjieblaser, Edward Snowden. Snowden bevind hom nou in Rusland waar hy vervolging deur die Amerikaners ontduik. Greenwald is ook deur die Britse regering erg onder druk geplaas en sy lewensmaat is, as deel van ‘n beweerde viktimisasieveldtog, op die Heathrow-lughawe aangehou.

Die Guardian het die vertrek betreur, en gesê sy werk het die rol onderstreep van ondersoekende joernaliste om die magshebbers in toom te hou.

Bron:  ANP via Trouw

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.