Joernaliste uit Malema-hof gejaag

Joernaliste is Woensdag uit die Polokwane-distrikhof gejaag waar Julius Malema se saak vandag voorkom, net om later weer terug gelaat te word.

ʼn Hofbeampte het gesê die media vertraag die hofverrigtinge en het alle media uitgejaag. Die hof het daarna slegs joernaliste, kameramanne en fotograwe toegelaat wat vooraf toestemming gekry het.

Die geskorste ANC-jeugligaleier verskyn vandag in die hof op aanklagte van ondermeer bedrog en geldwassery. Hy het hom vroeër vandag by die Polokwane-polisiestasie in Limpopo oorgegee.

McIntosh Polela, die Valke se woordvoerder, het op Twitter geskryf: “Chaos at court in Polokwane. People with permission to be at court being kicked out, only to be let in again. Stupidity!.” [Chaos by die hof in Polokwane, mense met toestemming om in die hof te wees word uitgeskop net om later weer ingelaat te word. Onnoselheid!]

Dinsdagaand het Malema-ondersteuners tydens ʼn nagwaak in Polokwane die woorde van “Dubula iBhunu” (skiet die boer) na “skiet Zuma” verander.Volgens berigte het sowat 200 ondersteuners by die Nirvana-gemeenskapsaal opgedaag om hul ondersteuning vir Malema te wys voor vandag se hofverskyning. Die ondersteuners het ook ʼn lied in Pedi gesing, wat beteken ‘die stort-man gee ons probleme…Malema bid asb vir ons.’ Die geskorste woordvoerder van die jeugliga, Floyd Shivambu, was ook by die nagwaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.