Joernaliste verkla City Press-redakteur van rassisme

Ferial Haffajee, die redakteur van City Press.

Ferial Haffajee, die redakteur van City Press.

‘n Groep joernaliste van die City Press-koerant gaan glo kriminele aanklagte teen hul redakteur, Ferial Haffajee, aanhangig maak omdat hulle beweer dat sy rassisties is.

The Star en The New Age het Vrydag berig dat ses joernaliste haar van rassisme en laster gaan aankla ná ʼn vergadering met amptenare van menslike hulpbronne oor die aangeleentheid.

Haffajee het Dinsdag ʼn interne grief van rassisme, verdeeldheid en “kulturele oorheersing” ingedien ná ‘n personeelvergadering waar die joernaliste kommer uitgespreek het oor transformasie en beweerde diskriminasie by die koerant, berig The Star.

ʼn Joernalis het aan The New Age gesê dat Haffajee glo vir hulle gesê het om dit wat hulle pla ter tafel te lê en gesê dat niemand geteiken gaan word nie. “Maar sy het aanstootlik geraak toe ons dringende sake geopper het. Emosies het hoog geloop. Die gesprek het verskuif na ʼn kwessie van transformasie in die bestuur,” het die joernalis gesê.

Die joernaliste het ook die koerant daarvan beskuldig dat die publikasie te veel daarop fokus om stories te doen wat kap na president Jacob Zuma, maar nie na die Demokratiese Alliansie nie.

Hulle het Haffajee daarvan beskuldig dat sy nie ʼn swart nuusredakteur met politieke konneksies aangestel het nie, om te help om stories uit ʼn “swart perspektief” te vertel.

Volgens The Star, het Haffajee haar drie nuusredakteurs verdedig en gesê hulle word “rassisties verskeur”.

Sy het Woensdag in ʼn e-pos die joernaliste van rassisme aangekla en hulle ʼn week gegee om te besluit of hulle nog by die koerant wil werk.

Sy het aan The Star gesê sy verwerp die bewerings van rassisme teen haar. “Rassisme, maak nie saak wie dit beoefen nie, is ʼn afskuwelike praktyk en ek sal myself daarteen uitspreek,” het Haffajee gesê. “Ek het Dinsdag ware swart rassisme gesien én kulturele chauvinisme wat ek nie kan duld nie. Ek weier om deel te wees van ʼn nuwe onderdrukking,” het sy gesê.

Haffajee is in 2010 as die Nasionale Persklub se redakteur van die jaar aangewys.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dries ·

Ja-nee, welkom in die weklike wereld!! Daar is geen groter rassis as ‘n swarte nie!!! Die oomblik as jy hulle verkeerd bewys of op hulle foute wys, word jy onmiddelik van rassisme beskuldig. Ek voel elke dag by die werk ek kan van hulle te lyf gaan, want maak nie saak hoe jy probeer nie, jy’s altyd verkeerd

Pollie ·

Lees dalk jou kommentaar weer mooi… “Daar is geen groter rassis as ‘n swarte nie!”… Dit, my liewe mens, het jouself pas as ‘n rassis bevestig. Vee voor jou eie deur.

Hennie van der Merwe ·

Pollie. Jy is veronderstel om op die berig kommentaar te lewer, en NIE te kritiseer wat ander kwytraak nie. Stop dit ASSEBLIEF!!!!

Ver Van Ryn ·

So daar is geen blankes oor om die skuld te dra nie, nou kry ander die skuld van rassisme. Welkom, welkom, Haffajee, Na die wêreld wat al kleiner word vir die nie-swartes. Ons kan kampvuur stories uitreil oor al die skeinbare rassisme wat ons almal al gepleeg het en ‘n paar wit marshmallows braai. Jy sal sien ons is redelik lig van gelaats om die vuur…ons hoop om met sonop ‘n tan te vang en beter in te pas by politiese verwagtinge…

Maggie ·

Mooi so Ferial, sit die klomp op hul plek hul ken lankal nie meer hul plek nie en het heeltemal oorlams geraak, fire hul almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.