Joggie maak geskiedenis by Durban July

S’Manga Khumalo op Heavy Metal saam met die eienaar, Chris van Niekerk Foto: http://www.phumelela.co.za/

Foto’s van die dag se modes volg onderaan die berig. Chris van Niekerk het breed geglimlag toe sy perdejoggie, S’Manga Khumalo, Saterdag die eerste swart perdejoggie geword het wat die gesogte Durban July by Greyville-resiesbaan wen.

Khumalo (28) se vorige grootste sukses was die Summer Cup by Turffontein.

Khumalo en die vierjarige hings, Heavy Metal, het die 2 200 m-Julywedren gewen en die prysgeld van R1.2 miljoen losgeslaan. Dit is Van Niekerk (eienaar) en Khumalo se afrigter, Sean Tarry, se tweede agtereenvolgende wen by die wedren.

Van Niekerk het verlede jaar met Pomodoro die prys behaal. Pomodoro en sy joggie, Pierre “Striker” Strydom, het egter die jaar in die 13e plek geëindig.

Khumalo sê hy is baie dankbaar teenoor Tarry wat hom die geleentheid gebied het om met Heavy Metal te kon ry. “Ek is al van ‘n klein seuntjie af saam met Sean Tarry en hy het my goed opgelei,” het hy gesê. Khumalo het in Australië ook vir ‘n kort rukkie gery, maar hy het nou planne om langer oorsee te bly.

Van Niekerk sê hy het nie planne om Heavy Metal te verkoop nie. “Ek sou hom graag wou stuur om in Hong Kong te gaan deelneem, en ons oorweeg die saak,” het hy gesê.
[nggallery id=139]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.