Jong bestuurders SMS en bestuur steeds

ʼn Verbruikersverslag dui aan dat, alhoewel meeste jong Amerikaanse bestuurders saamstem dat dit gevaarlik is om ʼn SMS te stuur terwyl jy bestuur, het sowat ʼn derde aangedui dat hulle dit in elk geval doen.

Tagtig persent sê hulle is bewus van die risiko, maar 29% van dié bestuurders tussen die ouderdomme 16 en 21 sê hulle het tydens die afgelope maand ʼn SMS gestuur terwyl hulle bestuur het. Sowat 47% het gesê hulle het iemand gebel terwyl hulle bestuur het, sonder om van ʼn handvryetoestel gebruik te maak. In dieselfde studie het 48% aangedui dat hulle gesien het hoe een of beide van hul ouers ʼn selfoon in die motor gebruik sonder om van ʼn handvryetoestel gebruik te maak.

Ten spyte van dié navorsing was daar verlede jaar minder noodlottige ongelukke in Amerika as oor die afgelope ses dekades. Dit sou selfs laer gewees het, indien sommige bestuurders se aandag nie deur ʼn selfoon afgelei is, of dat hulle met aktiwiteite besig was wat hulle aandag kon aftrek nie, het Rebecca lindland, direkteur van motorvoertuignavorsing vir IHS Inc. gesê.

Klik hier om die oorspronklike berig op IOL te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.