Jong Bokke deur na eindstryd

Die Jong Bokke het deurgedring na die eindstryd van die Junior Wêreldtoernooi nadat hulle Sondag met Argentinië afgereken het in die halfeindronde op Nuweland.

Die Jong Bokke het Argentinië met 35-3 (rustyd 22-0) gewen en kom eerskomende Vrydag teen Nieu-Seeland te staan in die eindstryd van die o.20-toernooi. Raymond Ruhle het twee drieë aangeteken terwyl Jan Serfontein en Mark Pretorius ook oor die doellyn geduik het. Handré Pollard het drie doelskoppe en twee strafdoele deur die pale gestuur. Sebastián Poet het Argentinië se strafdoel aangeteken. Nieu-Seeland het Wallis met 30-6 geklop om na sy vyfde eindstryd deur te dring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.