Jong bokkie (22) en ou blaar (92) trou saam met kleinkinders

Die nuwe uitgebreide familie. Die 92-jarige boer en sy nuwe vrou (middel), een van sy tiener-kleinseuns (heel links) en sy twee kleinseuns se nuwe vroue (tweede van links en ver regs) Foto: gadailynews.com

‘n 92-jarige boer van Irak het Donderdagaand met ‘n 22-jarige meisie getrou, terwyl twee van sy tiener-kleinkinders by dieselfde geleentheid ook in die eg verbind is.

Musali Mohammed al-Mujamaie (92) is met Muna Mukhlif al-Juburi (22) in Baghdad in die eg verbind, drie jaar ná die afsterwe van sy eerste vrou, met wie hy 58 jaar lank getroud was en saam 16 kinders gehad het. “Ek is so bly om saam met my kleinkinders te kan trou,” het Mujamaie ná die seremonie aan AFP gesê. “Ek voel soos ‘n 20-jarige!”

Mujamaie sê die huwelikseremonies van sy twee kleinseuns, onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, is herhaaldelik uitgestel terwyl sy eie troue gereël is, sodat die drie op dieselfde dag kon trou.

Die troue het vier ure lank geduur, met musiek- en dansopvoerings.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Amanda/Sindy ·

Hoe siek kan ‘n mens wees???? Ek jou graag ‘n pampoen wil maak. Jou dan van die hoogste berg afrol. Siek ou man!!!! :( Die kind se ouers moet ook pampoene word en saam rol!!!!!

Mariette Hammann ·

Pedofiele moet aangekla word. Siek verby. Weet nie of dit ook ‘n gereëlde huwelik is nie.

Karin Bothma ·

siek, siek, siek. dit kan net n gedwonge, gereelde huwelik wees. dis 2013 en steeds het daai arme vrouens geen regte nie. ek hoop daai ou man se dae is baie gou verby….damn pedofiel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.