Jong Gauteng-vrou moontlik ontvoer

Jomi Vermaak. Foto: Twitter

Mense in Gauteng word versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn wit Polo Vivo, nadat ʼn jong vrou glo omstreeks 14:00 gekaap en ontvoer is.

Jomi Vermaak, ‘n 21-jarige vrou, is Maandag glo deur twee of drie mans in Eldoraigne uit haar voertuig gepluk en agter in haar voertuig in gedwing.

Die Wierdabrug-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die voorval op Twitter bevestig en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk te wees vir die voertuig, want die vrou is vermoedelik nog in die motor.

“Ons het geen idee in watter rigting hulle ry nie. Die vrou het kort na die voorval vinnig met haar pa gepraat en gesê sy ‘oukei’, maar sy het geen idee waar sy is nie. Haar foon is kort daarna afgeskakel. Beamptes probeer tans om haar selfoonsein op te spoor,” het ʼn woordvoerder van die GPF laat weet.

Die voertuig se registrasienommer is BD65WDGP. As mense die voertuig sien, moet hulle die polisie skakel by 10111.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sanet Mey ·

Jomari het sopas haar pa van Atteridgeville Polisiekantoor af gebel. Ons het nog nie details nie. Van haar tannie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.