Jong gesin ernstig beseer in botsing

ʼn Gesin van drie is ernstig beseer nadat hulle motor in ʼn botsing betrokke was met ʼn bakkie op die R59 tussen Vereeniging en Sasolburg.

Die gesin se motor het teen die regterkant van die bakkie gebots. Die bakkie het omgeslaan maar die bestuurder is nie ernstig beseer nie. Die jong gesin is egter ernstig beseer. Paramedici van ER24 moes die deure van die motor afbreuk om die ma en pa uit die motor te bevry. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die egpaar se 3-jarige seun was op die agtersitplek ten tyde van die botsing. Hy het verskeie frakture opgedoen en moontlik ook hoofbeserings. Die seuntjie is in ʼn ernstige toestand per helikopter na die hospitaal geneem. Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.