Jong ma doodgeskiet

Melinda Lee Bam. Foto: Facebook

ʼn Ma van twee jong dogters is vroeg Saterdagoggend by Bonlati Lodge buite Gravelotte in Limpopo doodgeskiet.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê Melinda Lee Bam (30) is op die toneel dood. Otto sê Bam se lewensmaat Francois Visagie (39) is in die bobeen geskiet en sterk tans in die Tzaneen Mediclinic aan. Otto sê dit is nog nie duidelik of daar drie of vier aanvallers was nie. Die voorval het glo tussen 01:00 en 02:00 Saterdagoggend plaasgevind. Volgens Otto was daar ook vier kinders by die lodge ten tyde van die voorval maar is dit nog nie duidelik of dit Bam se kinders was nie. Otto sê dit is ook nog nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie. Die verdagtes het glo met ʼn Toyota Fortuner van die toneel probeer vlug maar was onsuksesvol en het te voet gevlug. Otto sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

takkie nortje ·

wens die doodstraf kom terug mense kan nie net doodgemaak word nie inbreek hulle doen net wat hulle wil nou is die kinders sonder n ma deur iemand wat tuf probeer was

Flash ·

Ja Here weereens bid onsL Verlos ons van die bose, verlos ons van die slegte en verkeerde mense onder ons!

andre ·

Stem saam dat die doodstraf terug gebring word sodat sulke onbenillige moorde nie meer hoef plaasvind,want .nou moet daar 2 kinders sonder hulle ma groot word

andre wilmans ·

What a waste of a lovely lady. This country is ungovernable because of the lack of controls. The borders are pourus and the millions of outsiders are running amok. We are foreigners is our own country. Perhaps these tsotjies are locals but still, the police are probably busy with rounding up drug lords from over the borders etc, rendering the police useless to applicate patrols and search duties. Where was the lodge security? Where was the owners of this lodge? Or is there a sinister side to this happening? Never the less, this Oh So Smug government must wake and send all unemployed outsiders BACK where they came from.

Ernst ·

Demokrasie is die ondergang van die mens. Alles draai om EK, nie jou nie maar EK!
Die doodstraf sal nie terugkom op sy eie nie, mens moet iets doen sodat dit weer ingestel kan word, maar solank “demokrasie” die beleid is, is die regte van die moordenaar beter, as die van die vermoorde. Ongelukkig is dit nie so maklik nie, solank die huidige regering aan bewind is kan julle hierdie wens op julle maag skryf …..

Babs ·

Dit is sleg Nog 2 kinders sonder ‘n ma. Daar is soveel mense van
Tanzanie, Pakistan, en wie weet waar oral wat onwettig die land in
kom. Daar is nie meer werk vir ons eie Suid-Afrikaners nie. Maar
wie gee om nie ons regering nie al waarin hulle belangstel is ons
blankes se geld en ons grond. Suid-Afrikaners moet saamstaan
en teen hierdie regering begin stem dat alle onwettige mense in die
land moet teruggaan na hul eie lande toe. Dit is hoekom die wereld is soos
hy is vandag vol kriminele.

Sarie ·

As hulle nie moor nie ,verkrag hulle,maar ons bly in die vry land.doodsvonnis is al wat die land sal regruk.Ons volkie kry swaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.