Jong ma sterf in ongeluk

Foto: Netcare911

ʼn Jong ma is dood en haar man en een maand oue baba is beseer na hulle voertuig omgeslaan en verskeie kere gerol het buite Klerksdorp, Noordwes.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die ma en die baba is uit die motor geslinger nadat dit omgeslaan en verskeie kere gerol het. Die jong ma is op die toneel dood verklaar. Die pa en baba is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.