ʼn Jong man van Bloemfontein in die Vrystaat het homself na meer as ʼn jaar op vlug aan die polisie oorgegee in verband met die moord op sy ma, berig Volksblad.
Stefaan Croucamp (24) het na bewering in April verlede jaar sy ma, Denise Seaward, met ʼn mes gesteek en haar aan die brand gesteek. Croucamp het destyds beweer daar was ʼn rooftog by sy ma se meenthuis en dat haar handsak en selfoon gesteel is. ʼn Polisiewoorvoerder, kapt. Chaka Marope, sê ʼn forensiese ondersoek het gewys dat ʼn vlambare vloeistof gebruik is. Croucamp het homself verlede maand aan die polisie oorgegee. Hy sal Vrydag in die hof verskyn vir aansoek om borgtog.
Lees meer hier