Richard Hume (31), die seun van ’n bekende renosterteler in Mpumalanga, word aangekla van poging tot moord nadat hy glo ’n vermeende wildstroper in die gesin se privaat wildreservaat geskiet het, het Beeld Donderdag berig.
Hume het Woensdag vlugtig in die Malalane-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Hy is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Sy pa is John Hume, die bekende renoster- en buffelteler van die Laeveld.
Richard het glo Dinsdagaand ’n verdagte Ford Bantam-bakkie in die Mauricedale-wildreservaat gesien en vir die bestuurder aangedui om stil te hou. Die bakkie het egter weggejaag. Volgens kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, het Richard glo ’n skoot gevuur, waarna die bakkie tot stilstand gekom het.
Sabelo Maphungla (28), die bestuurder van die bakkie, is geskiet en gewond.
Die polisie het Maphungla, en twee passasiers, Siso Nkhosi (28) en Jabo Dlamini (38), in hegtenis geneem vir onregmatige betreding van privaateiendom, die onwettige jag van wild en die besit van wild. Dié verdagtes het ook in die hof verskyn. Twee ander passasiers kon daarin slaag om weg te hardloop en is nog soek.
Albei sake is tot 23 Oktober uitgestel.
-SAPA
Ek dog hul wil die renosters in ons land beskerm. Nou word jy “gevang” as jy hul wil beskerm. Weereens maak dit nie sin nie, soos so BAIE ander goed in die land(kan ook nie meer skryf “ons land” nie)
Belaglik !!!! Dit wil se die dief “mag” maar jou eiendom betree, die dief het meer beskerming as die regmatige eienaar ??? Belaglik !!!!
Natuurlik sal sal n skelm weghol as jy hom beveel om te staan . Die vuilis weet jy mag hom nie skiet nie. Moet jy nou eers in n fisiese geveg met die ding betrokke raak om hom te arresteer ?
Tipis. Hy moes seker maar gaan stilstaan het en toekyk hoe hulle verder steel. Of hom ook nog geskiet het. O, wette bestaan net om daarmee te maak wat hulle wil. Die blankes is altyd aan die verkeerde kant maak nie saak wat jy doen nie.
,,,,,,,,,,,,,Polisie het n onuitbare bron van finansies om miljoene rande uit te betaal vir onregmatige arrestasies,,,,,,,,,,,,moet dat die polisiebeamptes wat so graag wil “Witmense” toesluit verantwoordelik hou vir onregamtige arrestasies!
En nou is dit weer hulle woord teen sy woord.
Alle stekte aan mnr Hume.
En weereens word die slagoffer, die misdadiger. Sterkte Richard. Kan ons nie begin geld insamel vir sy hofsaak nie?
Wie anders kan die renosters beskerm en hoekom was die srtopers daar op die plaas? Dis lagwekkend!!
Nou wil ek weet hoe kry n moordenaar en verkragter in Zeerust borg R4000 en die ou word aangekla vir poging tot moord en moet R5000 betaal? Dit is baie makliker om n blanke persoon in SA op te spoor as n nie-blanke persoon. Is dit nie rasisme teen ons blanke mense nie?
Moes die jong man terugsit en kyk hoe sy diere weereens wreed met pangas en byle aangeval word. Ek hoop daar is iemnad wat hom kan help met goeie regsverteenwoordiging.
As hulle hom geskiet was alles seker in orde. weereens rasgedrewe
Moes hy terugsit en kyk hoe sy diere gemartel en horings met pangas uitgekap word?
Ja dit is seker weer rasgedrewe. Die jong man kort goeie regsverteenwoordiging kan iemand soos solidariteit of iemand hom nie help nie