Jong man sterf in Vaal-botsing

ʼn Man, in sy vroeë 20s, is dood nadat sy voertuig Donderdag in die vroeë oggendure op die R59-deurpad gerol het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 02:45 naby Blockhouse plaasgevind. “Die bestuurder het beheer oor sy voertuig verloor. Die voertuig het begin rol en in die veld langs die deurpad tot stilstand gekom,” het Banks gesê.

Die man was steeds in die voertuig toe paramedici by die toneel aangekom het. Die man se liggaam moes uit die voertuig se wrak gesny word. “Hy het veelvoudige kritieke beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Banks gesê. Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.