Jong man sterf maand voor sy troue

Divan Barnard en sy verloofde, Lize Koen Foto word geplaas met vergunning van die George Herald (www.georgeherald.com)

Divan Barnard (26) van George, is Maandagoggend in ʼn motorongeluk op die N2 by Stormsrivier oorlede, berig George Herald.

Volgens die George Herald was Barnard onderweg na Port Elizabeth toe hy ʼn vragmotor van agter getref het.

Volgens ao. Marianette Olivier, woordvoerder van die polisie, wou die vragmotor moontlik regs draai toe Barnard hom getref het. Die ongeluk het op die N2 by Boskor plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is egter nog nie bevestig nie en sal deur die polisie ondersoek word,” het Olivier gesê. ʼn Klag van strafbare manslag is by die Stormsrivier-polisiestasie aanhangig gemaak.

Barnard is op die toneel oorlede.

Die George Herald berig verder dat Barnard en sy verloofde, Lize Koen, op 10 Augustus sou trou. Die volledige berig is Donderdag in die George Herald en aanlyn op hul webwerf beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Carin ·

Ag hemel dis tragies! My gedagtes en gebede gaan uit na sy verloofde, familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.