Jong man sterf na bakkie pilaar tref

Foto: ER24

‘n Jong man is Donderdag dood nadat sy bakkie omgeslaan en gerol het op die N1 noord net voor die Allandale-afrit in Midrand.

ʼn Woordvoerder van ER24, Vanessa Jackson, sê die man het glo beheer verloor oor die bakkie. Sy sê die bakkie het teen ʼn sementpilaar van ’n oorhoofse padteken gebots. Die bakkie het omgeslaan en op sy dak te lande gekom. Die man se liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.