Jong man sterf ná hy uit vierde verdieping val

Century City, Kaapstad

‘n Jong man is dood nadat hy vroeg Saterdagoggend uit die vierde verdieping van Century City in Kaapstad geval het.

“Dit is nog nie duidelik hoekom die man geval het nie, maar ‘n ooggetuie het gesê die man het glo sy balans verloor en geval. Die man het glo ook die balkon op die eerste verdieping getref,” het ER24 in ‘n verklaring gesê. “Paramedici het die man vir verskeie beserings op die toneel behandel, insluitend gebreekte bene, inwendige beserings en ‘n kopbesering.”

Die man is in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Sy toestand het by die hospitaal egter versleg en hy het later aan sy beserings beswyk. Die plaaslike polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.