Jong man sterf na motor rol

Foto: Glen Orrit/ER24

Foto: Glen Orrit/ER24

ʼn 20-jarige man is dood nadat sy motor gerol en hy gedeeltelik onder die motor vasgepen is in Rynsoord, Benoni aan die Oos-Rand.

Volgens paramedici van ER24 het die motor op sy dak beland en was die jong man gedeeltelik onder die motor vasgepen. Die man het aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Dit is hartseer. Mag die familie van die oorledene krag van BO kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.