Jong man sterk aan ná brandstof-aanval

Garth se voertuig brand. Foto: Facebook

Garth du Preez (22) van Boksburg in Gauteng, sterk in die hospitaal aan nadat ʼn man verlede Vrydag by ʼn besige kruising ‘n vloeistof oor hom in sy voertuig gegooi en aan die brand gesteek het.

Gareth du Preez, Garth se pa, het Vrydag aan Maroela Media gesê die rede vir die aanval is nog nie bekend nie. “Garth het omstreeks 12:00 by die kruising van Main Reefweg en Commandoweg naby Industria-Wes in Johannesburg stilgehou. Hy was alleen in sy voertuig. ʼn 29-jarige man wat gereeld by die kruising staan het Garth se motorruit met ʼn baksteen stukkend geslaan en ʼn vloeistof oor hom uitgegooi,” het Du Preez gesê.

Volgens Du Preez is hulle nie seker wat die vloeistof was nie. “Dis moontlik petrol of verfverdunner. Ons vermoed egter dit is verdunner, aangesien ons dit aan sy klere kon ruik.” Die verdagte het daarna die vloeistof aan die brand gesteek.

Garth Du Preez voor die aanval. Foto: Facebook

Garth se gesig het begin brand en hy het uit sy voertuig gespring, waarna die voertuig ook aan die brand geslaan het. Straatverkopers, motoriste en Johannesburgse metropolisiebeamptes het Garth gehelp, en die gebied rondom die voertuig afgesper. Die beskuldigde is aangekeer en in hegtenis geneem. Garth se voertuig het heeltemal uitgebrand.

Garth is na die Millpark-hospitaal gehaas vir behandeling. Hy is met ernstige brandwonde aan sy gesig, bors en albei sy hande opgeneem en is onder verdowing geplaas.

“Hy is sedert verlede Vrydag onder verdowing, en het al nagenoeg 15 operasies ondergaan om sy vel te skraap en die wonde te behandel,” het Du Preez gesê.

Volgens Du Preez is Garth stabiel en sterk hy aan. Dokters gaan na verwagting die naweek die medikasie, wat hom onder verdowing hou, verminder.

Intussen is Garth, wat pas by ʼn nuwe werk begin het, sy werk kwyt weens die aanval.

Die verdagte is steeds in aanhouding en moet Maandag in die Sophiatown-landdroshof verskyn. Hy word aangekla van poging tot moord en kwaadwillige beskadiging van eiendom.

Volgens Du Preez het ʼn polisiebeampte aan hom gesê dat die beskuldigde glo al voorheen op 27 Mei amok by dieselfde kruising gemaak het, en was hy uit op borg toe Garth se aanval plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hes ·

Krimenele hoort in tronke en nie op straat hoekke nie. Ons regering verloor die stryd om ons te beskerm nou beskerm hulle hulleself met belastingbetalers se gelde. Groot skande.

Alinda ·

This type of incident is happening more frequently….Just last Sunday at the Menlyn Shopping Mall main Traffic Lights we witnessed a young teenager begging for money at the window of a lady’s car next to us. She ignored him and he tried to smash her windscreen with something he had in his hand. My husband shouted shouted loudly for him to stop and he then ran away. Why cant they STOP the begging at TRAFFIC LIGHTS!!!!!!!

JACO ·

Arme outjie. Maar wat ook SIEK is dat hy glo sy WERK KWYT IS!!!!!!!!! As dit die waarheid is, plaas die plek se naam dat NIEMAND in RSA daai plek ondersteun nie!!

Miss Knysna ·

Name and shame the company this young man was going to work for.

linda ·

I agree …. what a horrible company to work for. No compassion.

piet ·

JAMMER OM VAN DIE JONG MAN SE SE AANVAL TE HOOR. SEEN EN VOORSPOED BID EK HOM TOE. NOEM DIE NAAM VAN DIE MAATSKAPPY SODAT DIE BANKROT KAN GAAN ASOOK DIE BESTUURDER WAT HOM AFGEDANK HET. GARTH SAL SY SAAK IN DIE ARBEIDSHOF WEN.

Wilma Venter ·

Garth, ons bid vir jou en jou familie dat Jesus julle in die Holte van Sy Hand Vashou!

Adriaan ·

Ek wil dat ons mense almal saamtrek voor die hof. Ek sal wragtag petrol saamvat en die doos met petrol gooi en aan die brand steek…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.