Jong man vertel van nagmerrie-ervaring met metropolisie

Roberto Strydom. Foto: Phillip Bruwer

Roberto Strydom (24) van Waterkloofrif in Pretoria, gaan Vrydag ʼn klag teen die Johannesburgse metropolisie indien nadat hulle hom Donderdagmiddag glo aangerand en beroof het.

Strydom het Vrydag aan Maroela Media gesê hy was Donderdag omstreeks 16:00 van sy werk in Johannesburg op pad huis toe, toe hy deur Johannesburgse metropolisiebeamptes op die N1-snelweg naby die Olifantsfontein-afrit van die pad af getrek is. “Daar was drie beamptes in uniform, hulle het ook koeëlvaste baadjies aangehad,” het Strydom gesê. “Een van die beamptes het gevra om my rybewys te sien en vir my gesê hy ruik alkohol. Ek het vir hom gesê ek het niks gedrink nie, aangesien ek pas van die werk af kom.”

Die beampte het glo geweier om Strydom se lisensie vir hom terug te gee en het beveel dat hy uit sy voertuig klim. “In daardie stadium het ek vir hul identifikasie gevra. Ek was bang en bevrees, aangesien ek al reeds vantevore gekaap is, en baie stories in die media hoor van ‘beamptes’ wat by kapings betrokke is. Ek was vreesbevange en wou nie uit my voertuig klim nie.”

Strydom het gesê een van die ander beamptes het aggressief geraak en gesê ek moet stil bly. “Hy het my deur oop gepluk en my hardhandig uit my voertuig geruk. Hy het my teen my voertuig gedruk, en uit vrees, het ek my verset. Die man het toe my hande agter my rug met boeie vasgebind.”

Volgens Strydom is hy hardhandig agter in ʼn vangwa ingeboender. “Hulle het toe met my weggery, maar ek weet nie waarheen hulle met my gery het nie, want ek kon nie by die venster uit sien nie.”

Die beamptes het glo vir ʼn geruime tyd met hom agter in die vangwa rondgery. Hulle het later gestop en ʼn beampte het ʼn flitslig in sy oë geskyn en ʼn vuurwapen op hom gerig. Die beampte het glo aan hom gesê as hy vir hulle geld gee, sal hulle hom nie tronk toe vat nie. “Ek het reageer dat hy ʼn beter kans het om dood te gaan as wat ek hulle na ʼn OTM toe gaan vat,” het Strydom gesê.

Dit is toe dat die beampte Strydom glo met ʼn vuis bygedam het. Strydom het op sy knieë geval en gesukkel om op te staan met sy hande agter sy rug vasgeboei. Hy is toe weer geslaan, waarna hy glo sy bewussyn verloor het. “Toe ek wakker word, was ek alleen en terug in my voertuig, ek was aan die passasierskant agter in my voertuig. My linkerhand was met ʼn plastiekkabeltjie aan die deur se handvatsel vasgebind. Dit was toe reeds 21:30.”

Strydom se selfoon het gelui en met ʼn groot gesukkel kon hy daarin slaag om dit te antwoord. Sy broer het hom gebel en hy het hulp ontbied. Intussen het ʼn veiligheidsbeampte by die toneel opgedaag en die plastiekkabeltjie losgesny. Die polisie en paramedici was kort daarna op die toneel, waarna hy na die Unitas-hospitaal in Pretoria geneem is.

Sowat R200 is glo uit sy beursie gesteel en sy selfoon is glo ook ná die voorval, voordat hy hospitaal toe geneem is, gesteel.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, metropolisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê hy sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Flash ·

So dan en wan hoor jy ‘n Metropolisieman is doodgeskiet of goed gemoer.
Dan is ons almal dankbaar want ons Jan Publieks voel al lankal hulle het werklik GEEN wetstoepassingsrol om te speel nie. Heel waarskynlik is almal deesdae oud MK’s of ander nuttelose onopgeleide transformasieprodukte, oftewel terroriste en rowers, wat hulle in elk geval altyd was, nou net wettig en in ander uniforms.
Deur die bank tree hulle uiters hardhandig en rassisties op.
Skaf Metro polisie af!
Sluit al die sogenaamde beamptes op of gee hulle sommer doodstraf net omdat hulle sulke nuttelose suurstofdiewe is.

Trippie ·

Hulle is seker deel van die “Rambo Squad” brigade, Pretoria-Tak.

Louise ·

hoe kon hy sy foon beantwoord het toe sy broer gebel het as sy foon gesteel is?

JAVR ·

Louise, sy foon is gesteel nadat hulp opgedaag het. Ek is self dood bevrees as ek polisie of metro naby my sien want ek weet ek sal nie koel en kalm kan bly terwyl hulle in my beursie grou nie! Hier is ‘n metro polisieman in Kempton wat hulle die foto van hom gepubliseer het terwyl hy mense rond ruk en dreig vir geld. Hy het ‘n waarskuwing gekry om mooier te werk met die publiek! Hier in Kempton kan jy nie eens polisiestasie toe gaan nie of jy word doodgeskiet of gerape deur die donners!

Johan Viljoen ·

As dit n waar storie is, gee die donners gas. Die selfoonstorie klink egter ir my baie verdag, het hy dalk 2 fone gehad?

Bets ·

Johan, daar is in die artikel gese dat die foon gesteel is na die voorval net voordat hy hospital toe geneem is. Ek het gister ‘n soortgelyk episode gehad. Gelukkig het ek niks kontant gehad nie en toe die beampte my beursie in die kar gooi toe stop ‘n blanke man agter my. Hulle het gevlug. Die voorval het by die Samrand-afrit gebeur…. Ek verseker jou dit is die waarheid.

Lynette Coertze ·

kan ons nie maar ontslae raak van die gemors nie, ons hoor so baie “crap” van die metro polisie, maar hulle word niks aan gedoen nie. Hulle is onopgevoed en rassisties

Hendrik ·

@Mense wat wonder oor die foon. Hy het sy foon geantwoord en daarna het hulp opgedaag, in die tydperk wat hulp opgedaag het en wat hy by die hospitaal ingeboek is het sy foon verdwyn…so een van die polisie/paramedici/veiligheidsbeamptes wat hom gehelp het het waarskynlik die foon gesteel…wys net hoe sleg is die hele lot!

Bets ·

Ek was gister oggend ongeveer 11:00 vanaf Johannesburg City Council oppad terug na Pretoria en is afgetrek deur Twee beampted van Metro Polisie (JHB). Buite hulle jurisdisie op die Samrand-afrit. My voertuig wat volgens hulle as gesteel aangemeld. Ek is ‘n oproep geweier na my man toe maar het sy nommer op spead dial en hy kon die gesprek hoor. Die vroulike beampte het my gevra of ek geld het dan kan ek gaan. Ek het geen kontant in my beursie gehad nie en sy het dit teruggooi in my kar in. Sy het toe my foon gesien waarvan die liggings gebrand het en dit doodgedruk. Toe ‘n Wit VW Polo met ‘n man in stop het hulle in die voertuig gespring en weggery. Nadat ek die artikel gelees het, se ek Dankie Vader aan Martin van heerden wat gestop het.

Gerda de Wet ·

Ry hulle want hulle dink hulle kan met enige iets wegkom. My seuns is ook al gedreig, die polisieman het n geweer in my seun se gesig gedruk en gese hy sal hom doodskiet, dit net omrede my seuns hom gewarsku het dat mens nie sonder jou veiligheidgordel mag ry nie. Hulle het gewere wat hulle nie eens weet hoe om te gebruik nie, nee dit word vir enige persoon uitgeruk. As hy dink hy wil jou seermaak gaan hy dit doen want hy het mos n pistool wat die staat aan hom voorsien het om te doen nes hy lus het. Dis mos nou die MOOI NUWE SUID-AFRIKA

Willy ·

Ja en as ‘n rugbyspeler die gemors dood mhur dan is daar ‘n helse bohaai daaroor. Dis net selfverdediging. Dat hulle weer ‘n klomp bymekaar en gewapen is, is hulle mos rammetjie uitnek. Kry hulle een een dan skree en tjank die lafaards. Hoop hierdie jongman ry hulle tot by oom Daantjie in die kaller hok.

HELENA SEABORNE ·

dit gebeur so baie hier in middelburg. dit word op film vasgele en as bewys ingedien. nog steeds kom daar nix van nie. alles word net onder die mat ingevee. as so iets met my gebeur sal ek my wragtig na die tyd op hulle wreek. sal hulle kaal aan i boom vasmk met i bord wat se childrapist. dan kan hulle eie mense met hulle afreken.

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,,,,en wees verseker,dit gaan net erger en erger word,daar is in totaliteit geen manier wat die polisie of Metro polisie in die toekoms sal verbeter,met die bekamping van misdaad onder hulle eie gelederde!

Eben ·

Ry hulle Roberto laat hulle betaal die vuilgoed. Geen wonder die bliksems word geskiet dan word daar gevra ons as publiek moet help soek na die skuldiges. Never … laat hulle vir hul self kry!!

Pieter ·

Die hele deksels probleem by die keuring en aanstellings beamptes. Die Metropolisie se poste moes so vinnig as moontlik gevul word sodat die metropolisie kon begin funksioneer, so dus is baie keurings prosesse deur gedraf en geen behoorlike toetse is gedoen, en dan nepotisme ook seker ‘n groot rol gespeel in die aanstellings. Nou sit hulle nes die SAPD met beamptes wat kriminele rekords het wat hulle nou nie van kan ontslae raak nie, want dan het hulle weer die unies op hulle.

Nou moet die algemene publiek die spit afbyt oor hulle gemors wat hulle met die aanstellings gedoen het, met die huidige bestel kan ons ook verwag dat net skouers opgetrek gaan word en gesê word dis ‘n provinsiale aangeleentheid.

Mense al wat gaan werk is om meer as een persoon te wees in ‘n voortuig te wees sodat daar getuies kan wees, dan sal hulle ook twee keer dink voordat hulle so iets sal probeer.

Miss Knysna ·

One would think these cops should be grateful that they have a job and get a monthly salary…so why steal? It seems that it just comes naturally for “these people” to take what doesn’t belong to them. What I find the most disturbing is the voilence. Just read our history and its clear that they still behave the same as their forefathers. White folk will always be their enemy.

amy ·

Dankie Pik en FW. Julle het ons minderheid uitgelewer aan die klomp wat ons nou regeer. Julle het ons gelos, en julle voel ;n veer vir ons blankes. As jul weer in julle mansions met al julle wagte slaap, proeer tog asb net aan ons dink.

Ons wat nie eens sekuriteit kan bekostig nie. Wat nog rondry met lyfwagte????

Peter Bezuidenhout ·

Dit gaan rof in Gangsters paradise [GP] hier in ons provinsie is die metropol darem n bietjie meer beskaafd.Moet my nie verkeerd verstaan nie,hulle vra ook so af en toe vir n “gunsie”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.