Jong motorfietsryer sterf in Kimberley

Argieffoto

ʼn Man is Donderdagmiddag dood nadat sy motorfiets teen ʼn sleepwa buite Kimberley gebots het.

Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het omstreeks 18:00 by ʼn kruising op die R31-pad gebeur. “Dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar dit wil voorkom of albei voertuie gelyktydig die kruising binnegegaan het. Die motorfiets het die sleepwa, wat deur ʼn bakkie gesleep is, getref. Konstruksiemateriaal is in die sleepwavervoer. Die motorfiets is deur die impak in stukke geskeur,” het Jackson gesê.

Die 28-jarige motorfietsryer het veelvoudige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bakkie is ongedeerd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.