Jong NSRI-vrywilliger sterf

Dale Panago Foto: NSRI

Dale Panago Foto: NSRI

Dale Panagos (19), ‘n jong vrywilliger van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Donderdagaand omstreeks 21:30 in die hospitaal oorlede.

“Dale is ná ‘n lang siekbed in die hospitaal oorlede,” het Brad Geyser, woordvoerder van NSRI Houtbaai, aan Maroela Media gesê. “Haar wens was dat haar as oor die see gestrooi sal word.”

‘n Gedenkdiens vir Dale word Maandagoggend, 16 Desember onder East Fort by Houtbaai gehou vanwaar haar as van die reddingsboot Nadine Gordimer gestrooi sal word. Die Houtbaai Erfenis-artillerie sal ‘n drie geweersaluut afvuur.

Dale is op 28 September 1994 gebore en het op 20 April 2011 in die ouderdom van 16 by die NSRI aangesluit. “Sy het in haar kort tydjie as vrywilliger by die NSRI die vertroue van haar medevrywilligers ingeboesem. “Almal het haar bewonder. Sy het ‘n indrukwekkende 98.5 seeure agter haar naam en het die bemanningswapen ontvang.”

Dale het ook haar marineradio-lisensie behaal, en brandbestryding-, helikopter-onderwaterontvlugting-, noodhulp vlak 3- en lewensbootopleiding voltooi. Sy is gekies om by die Suid-Afrikaanse Walvisontknopingseenheid aan te sluit.

“Sy was ‘n merkwaardige jong dame, mag sy in vrede rus,” het Geyser gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Antonie ·

Die jong dame is n inspirasie vir ander, sy het baie dinge gedoen en reggekry in haar kort lewe R.I.V

Thane ·

Dit is baie hartseer, regtig jammer om te hoor. Well done dat jy die meeste uit die Lewe behaal het, you’ve completed your race like a champion. May you rest in peace with our Father in heaven.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.