Jong pa sterf ná jagongeluk

JP Kleingeld Foto: Facebook

JP Kleingeld (24) is Maandagoggend oorlede nadat hy tydens ʼn jagtog per ongeluk geskiet is.

“Niemand is nog weens die skietery in hegtenis geneem nie,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê.

Kleingeld het op 12 Julie op ʼn plaas in Alldays, Limpopo, ʼn bakkie bestuur en van sy vriende het agter op die bakkie gestaan. Een van die vriende se .308-jaggeweer het per ongeluk afgegaan en hy is in die kop getref.

“Dit is nog nie duidelik waarom die geweer afgegaan het nie. Die polisie sal die voorval ondersoek,” het Otto bygevoeg. “ʼn Klag van moord of strafbare manslag sal ondersoek word. Ons wag egter op ʼn beslissing van die direkteur van openbare vervolging.”

Kleingeld en sy vrou, Anika, is laat in April vanjaar getroud. Hulle verwag ʼn tweeling, Amber en Micayla. Die dogtertjies word op 2 September verwag. Anika het op haar Facebook-blad geskryf: “Liewe Jesus het finaal die beste deel van my lewe kom haal… Rus sag engel van my hart, ons sal weer ontmoet… Ek’s onbeskryflik baie lief vir jou, ek en jou 2 dogtertjies.. Ek sal baie mooi na hulle kyk, dis die grootste belofte wat ek aan jou maak.. Moet ons asseblief nooit vergeet nie… I love you baby!!!!” [sic]

Lees ook:
Jagongeluk: Man aangekla ná vriend se dood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

magdel ·

Hi is so jammer om te lees maar j moet sterk wees en glo en vertrou in god hy sal jou nooit vergeet nie maar daar waar hy nu is hy veilig en hy sal altyd waak oor julle en baie geluk met jou 2ling en weet net god is altyd daar wees sterk kyk mooi na jou self

Hans Pretorius ·

Ek se nie ongelukke gebeer nie maar die vriend se 308 se bolt lock moes nie in plek gewees het nie. Veiligheids reels dui dit aan. Nou moet die dame hulle 2 klein dogtertjies alleen groot maak

Bernice Spies ·

Anika, baie jammer dat JP van jul weggeneem is. Glo net dat God n doel daarmee het, Hy het vir JP nodig aan Sy sy. Weet ook dat God na jou en die 2 dogtertjies sal omsien. Wees sterk al is dit moeilik.

Mnr en Mev van der Linde, kyk mooi na jul dogter en 2 kleindogters, ek glo die baba’s se koms sal effens help om die ergste leemte te vul.

Jul is welkom om weer by Eskulaap te kom oornag.

Groete
Bernice en Eskulaap Hotel personeel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.