Jong vlieënier doen noodlanding in woongebied

Die Piper Seneca waarmee Werner Schulz ‘n noodlanding uitgevoer het.

‘n Jong handelsvlieënier het Maandag ‘n noodlanding in ‘n straat in Bethlehem in die Vrystaat gedoen net nadat hy opgestyg het.

Werner Schulz, ‘n werknemer van Farmsecure, was onderweg na Lanseria in Gauteng met die maatskappy se tweemotorige Piper Seneca om passasiers op te laai, berig Volksblad. Net nadat hy in Bethlehem opgestyg het, het die linkerkantste enjin gefaal en moes hy ‘n noodlanding uitvoer. Hy het in Baartmanstraat in Gobles Folley te lande gekom. Hy het met die vliegtuig deur ‘n heining gebars, naby aan huise in Jordania. Schulz is nie beseer nie, maar was geskok.

Dries en Lurica Janse van Rensburg, wat naby aan die ongelukstoneel bly, het vir Schulz vrugtesap aangebied.

Die vliegtuig was Dinsdag nog steeds in die straat en owerhede moet eers die ondersoek afhandel voordat hy verwyder kan word.

Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.