Jong vrou dood aangetref in George

crime-scene-tape-320x191Die liggaam van ʼn 25-jarige vrou is Maandag in ʼn gehuggie agter in ʼn erf van ʼn huis in George aangetref.

Kapt. Bernadine Steyn, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou se liggaam is by ʼn huis in Versfeldstraat, Conville, aangetref. “Haar liggaam is op ʼn matras gevind, sy was gedeeltelik geklee,” het Steyn Dinsdag gesê.

Volgens Steyn wil dit voorkom of die vrou met ʼn stomp voorwerp in haar gesig geslaan is.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van haar dood te bepaal. Haar naam is nog nie bekend gemaak nie. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Dit is tragies dat sulke dinge gebeur. Hoop die skuldige word gou aangekeer.

Henko ·

As sy gedeeltelik geklee was, is die kanse baie groot dat sy verkrag is.

Watter monster sien kans om ‘n vrou so te slaan, en dit in die gesig? Wat word van hierdie eens mooi en veilige land.

AmY ·

Eish!!! Monsters bestaan tog regtig!!! Hulle loop tussen ons rond. Tree soos ons op. Eet soos ons, praat soos ons, loop soos ons, maar daar is ‘n verskil… Hulle is MONSTERS.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.