Jonges steun EFF se grondhervormingsbeleid

Julius Malema, leier van EFF Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Opname het Dinsdag getoon dat Julius Malema se nuwe party, die EFF, se beleide oor grondhervorming en die verwydering van nasionale grense binne suidelike Afrika die jeug se ondersteuning vir dié party ʼn hupstoot sal gee.

Altesaam 38% van respondente glo die Economic Freedom Fighters se leier sal ondersteuning werf weens sy beleide, het Pondering Panda gesê. 29% glo egter dat hy hierdeur ondersteuning sal verloor en 18% glo sy ondersteuningsnetwerk sal onveranderd bly. 15% het nie ʼn mening hieroor gehad nie.

Die selfoon-opname is onder 2 339 mense tussen 18 en 34 jaar oud gedoen. Altesaam 49% van respondente steun egter nie die EFF se grondhervormingsbeleid nie, maar 37% het aangedui dat hulle dié beleid steun.

Volgens die opname het 42% van jong swartmense grondhervorming goedgekeur. Steun vir dié beleid is die sterkste in die Vrystaat met 56% van respondente wat die beleid steun.

Altesaam 32% steun die beleid om grense te verwyder, alhoewel 54% dit afgekeur het.

“Alhoewel teenkanting vir die EFF se grond- en grenshervormingsbeleide steeds opmerklik meer is as die steun vir die beleide, dui dié opname aan dat dit hoegenaamd nie marginale idees is nie,” het Shirley Wakefield, woordvoerder vir Pondering Panda, gesê. “Jong Suid-Afrikaners wil verandering hê, en ander partye moet deeglik die alternatiewe ondersoek wat hulle bied.”

Lees ook:
Malema sê ‘n groep Indiërs en Afrikaners is teen hom
EFF sê ANC het afgelope 20 jaar nog niks gedoen nie
EFF-ondersteuners skeur ANC-T-hemde
Malema gewaarsku oor grondbesetting
Die EFF se beginsels oor grondonteiening, kriminele rekords en landsgrense

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kaspaas Breekwater ·

Natuurlik sal hulle hom ondersteun. Hulle is te damn sleg en lui om te werk. Wil alles net verniet kry.

H J Bester ·

Dit was voorspelbaar dat Julius Malema se EFF-party steun van die jonger generasie sou kry want Malema se uitsprake is radikaal met sterk revolusionêre ondertone wat goed val op die oor van die grootliks onvolwasse deel van die swart bevolking.

Al die CFF se steun sal getrek word vanuit die ANC – en wat verlies is vir die ANC, sal met die komende verkiesing eskaleer in wins vir die opposisie partye, veral die DA. Die CFF sal geen beduidende impak maar in die 2014-verkiesing nie

Kaspaas ·

Ek wonder wie hom bevonds, want soos ek die koerante lees is hy in ‘n groot geldelike verknorsing.

Stoere Boer ·

Hulle sien al die geld inrol, daardie luilekker sit in die son met die bier in die hand en die vrouens wat die ou stukkie land wat hy gemaak het probeer bewerk. So glo hulle mos gaan dit wees as hulle grond verniet kry.

Griet ·

Al wat hierdie parasiet nog ooit kon predik was Welvaart VERDELING (Lees steel), welvaart SKEPPING is vir hom (en sy nuttelose volgelinge), ‘n onbekende, vreemde (“Foreign”) konsep…….Shame nè.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.