Jongmense weet nie vir wie om te stem nie

stemBykans een uit vyf jong Suid-Afrikaners is besluitelose kiesers, volgens ʼn opname wat Maandag vrygestel is.

Sowat 18% van 2 212 mense wat deur Pondering Panda ondervra is, het gesê hulle het nog nie ʼn besluit gemaak vir wie hulle volgende jaar in die algemene verkiesing gaan stem nie. Altesaam 56% het gesê hulle weet vir wie hulle gaan stem en 26% het gesê hulle beplan om nie te stem nie.

Die respondente is almal tussen 18 en 34 jaar oud en het via hul selfone regoor die land aan die opname deelgeneem.

Altesaam 21% van bruin mense het gesê hulle kan nie ʼn besluit maak nie. Slegs 18% van swartmense en 17% witmense het dieselfde antwoord gegee.

“Die getalle bewys dat daar ʼn belangrike groep kiesers is wat nog nie deur enige politieke party oortuig is nie,” het Shirley Wakefield, woordvoerder van Pondering Panda, gesê. “Daar is baie stemme te werf in dié groep besluitelose kiesers.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Koos Bester ·

Goed dan, hierdie boodskapper (Maroelamedia) in diens van die verloopte multikulti Solidariteit, ‘n handlanger van FW de Klerk, is met nuus soos bo besig om die perd sout te gee om hom te maak drink (aan die verkiesing deel te neem sonder om die veel meer lewensvatbare opsie van kies reg, bly weg in die keuseveld te bring).
Hy wat die lesse van die geskiedenis vergeet moet die geskiednis dan oor leef (en ook weer leer), en ‘n kommentator oor die verkiesing in 1999 word aan die woord gestel (As dit die Afrikanerjongmense verveel, hoekom laat julle toe dat hierdie webwerf julle met verkiesingstwak verveel?):Die uitslag van die afgelope verkiesing het vir baie van ons mense, ook van die lesers van ons blad, geskok en verwar. Talle telefoonoproepe is aan ons gerig met die vraag: “Wat nou?” Dat daar so ‘n swaai weg van die sogenaamde (Afrikaner-) “volksgerigte” partye, die Vryheidsfront (VF) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB), plaasgevind het, is deur die voorstanders van die deelname aan die verkiesing oor die algemeen nie verwag nie. Die enigste gevolgtrekking wat hieruit afgelei kan word is dat baie voormalige ondersteuners van die VF en die Konserwatiewe Party (KP), óf nie gestem het nie, óf pragmaties vir die Demokratiese Party(DP), die Federale Alliansie (FA) en die African Christian Democratic Party (ACDP) gestem het. Daar is uitsonderings met betrekking tot ander partye, maar dit blyk uit waarneming dat dit die oorheersende stempatroon van die Afrikaner was.
Dit is normaal dat wanneer ‘n saak skeef geloop het, gevra word, wat nou? “Wat moet ons nóu doen om dié mislukking weer te probeer regmaak?” As die ongeluk ‘n mens getref het, staan hy anders teenoor ‘n saak as daarvóór, toe dit vol moed en met hoopvolle verwagting aangepak is. Hoe moet ons hierdie terugslag verwerk en aanvaar óf … dalk nie aanvaar nie? Dit is die vraag wat op hierdie oomblik by talle bekommerde volksgenote heers. Tog behoort dié uitslag van die verkiesing nie te verbaas nie. Wat die blankes, en des te meer die Afrikaner deel van die bevolking raak, is die oorweldigende getalle-oorwig van die swartes wat in die een-mens-een-stem bedeling op gelyke voet meegeding het. Die blanke kieserspotensiaal het hoofsaaklik dáárom, pragmaties, op ‘n ander wyse as voorheen gesoek na die voor die hand liggende beste hantering van sy maatskaplike en persoonlike belange. Dit is waarom ontleders van die verkiesingsuitslag die swaai weg van die volksgerigte partye, die VF en die AEB, verklaar dat, “wit kiesers gestem het vir ‘n geloofwaardige wit party wat hulle glo hulle voorregte sal beskerm. Witmense glo die DP sal hulle kan beskerm van wat hulle sien as ‘n totale aanslag” (BEELD, 8 Junie 1999).
Dit bevestig helaas die huidige ruggraatloosheid en beginselloosheid van die merendeel van ons Afrikanervolk. Korttermyn-oplossings en materiële belange is die prioriteit van die oomblik. Dog binne die territoriale staatseenheid van ons land kán die Afrikaner nie sy kulturele en politieke selfbeskikking en die verwesenliking van sy oortuigings en belange herwin nie, tensy deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat met die staatkundige revolusie van 1994 formeel beëindig is. Na aanleiding van die Franse Revolusie het ‘n Franse skrywer, Albert de Broglie, hom in 1860 as volg uitgelaat oor staatkundige stelsels wat soortgelyk as die grondslag van die huidige RSA dien.
Wat as die ou régime bekendstaan, het onherroeplik ondergegaan; maar noudat die mense niks anders as gelyke individue meer is nie, wat elk op sigself magteloos is, maar oppermagtig as hulle tot ‘n eenheid verbind word, staan jy sonder verweer teenoor die grillige alvermoë van ‘n meerderheid. … As hulle my vertel dat binne ‘n volkryke nasie, oorlaai met al die goedere van ‘n nuwe beskawing, die algemene stemreg ‘n diktatuur tot stand bring, dan weet ek dat ek daarmee te staan kom teenoor ‘n gesag wat van onderaf legitimiteit ontvang,
uit die krag van eenheid, verhonderdvoudig deur die mag van getalle. Dan sidder ek en ek voel dat dit ‘n vyandelike mag is wie se toekoms deur die gewete en die menslike waardigheid betwis moet word, aldus De Broglie.
Die vrywillige deelname aan die verkiesing veronderstel die aanvaarding van ‘n stelsel waarbinne die tirannie van die getallemeerderheid heers. Ek ken geen nasie wat uit ‘n algemene stemreg gebore word nie, maar ‘n volk wat in die volkshistorie gewortel is, sê die anti-revolusionêre Nederlander,Mr G Groen van Prinsterer. Dit beteken in ons omstandighede, volksgerigte politiek. Daarby aansluitend verwys dr Abraham Kuyper na die nagevolge van die Franse Revolusie ten aansien van die Nederlandse volk, dat die wankele mure van hulle volksbestaan omvergehaal en sy stene afgekap is, slegs om dit op ‘n hoop te stapel sonder om te begin met die oprigting van ‘n nuwe gebou. Die Liberalisme is anti-sosiaal omdat dit individualisties is en in ‘n volk niks anders sien as ‘n aantal siele binne ‘n bepaalde grondgebied.
“En dit bederft en verderft heel ons volksleven. Dit loopt uit op een losrijten van alle banden, om de eenlingen die vijftig minus een zijn, door de eenlingen die vijftig plus een uitmaken, te tyranniseeren. Zoolang men daarin volhardt, komt er dan ook geen beterschap. Dán eerst als de deelen van het volkslichaam weer elk in hun eigen functie zullen kunnen werken, zal de gezondheid van dat volkslichaam weerkeren”, aldus dr Abraham Kuyper.

Nikke ·

Koos,

Ek het al baie keer die kommentaar gehoor wat jy hierbo opper. Ek sal egter baie graag wil weet hoe jy die ‘stem reg, bly weg’ ideologie akademies regverdig? in Suid-Afrika het ons tans ‘n totaal ander kiesstelsel as die waarna jy terugverwys, en dit impliseer dat niemand (buiten jyself) daarvan weet as jy nie gestem het nie. Daar is nie regtig enige manier waarop die weg-bly-uit-protes-stempersentasie uitgewerk kan word nie, daarom maak mens sodoende ook geen politieke stelling nie.

Demokraat ·

Koos, hoe edel en mooiklinkend jou betoog ookal mag wees, hou jy ongelukkig nie deeglik rekening met die huidige toedrag van sake in Suid-Afrika nie. Net die volgende opmerking waarmee ek afsluit:

Jy leef te veel terug in die verlede met aanhalings van gestorwenes en ander wysgere wat uitsprake gemaak het op grond van omstandighede van hulle tyd – omstandighede wat waarskynlik hier en daar sinoniem was met dié tans in Suid-Afrika maar wat tog ook hemelsbreed verskil het. Om direkte lyne te probleer deurtrek, is misleidend.

Langenhoven (ek hoop ek is korrek) het gesê – “Neem uit die verlede alles wat goed is en bou daarop jou toekoms” Neem dus wat heilsaam en werkbaar is uit die verlede en maak dit werk in die huidige Suid-Afrika – slegs een voorwaarde en dit is dat jy ‘n aktiewe deelnemer moet wees aan jou eie poging.

Daar is ongelukkig te veel mense, veral Afrikaners, wat vandag op die kantlyn staan en links en regs slegsê en skree maar nie ‘n vinger verroer om iets daadwerkliks en iets positiefs by te dra tot die land nie – hetsy op maatskaplike, politieke of self geestelike terrein nie. En terwyl jy dr Abraham Kuyper, die teoloog, aanhaal, neem ek vrymoedigheid om te verwys na Jeremia 29:4-14 waarin God die bannelinge in Babel ook opdrag wat hulle moes doen – alles behalwe om te sit en te murmereer maar arbeidsaam te raak totdat die 70 jaar van ballingskap verby is.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.