Joost: ‘Ek is by die huis en dit gaan goed’

Joost van der Westhuizen Foto: BBC, Getty Images

Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, het gisteraand sy ondersteuners laat weet dat dit goed gaan met hom nadat ʼn onderhoud wat hy met die BBC gedoen het verwarring veroorsaak en tot paniek gelei het.

Van der Westhuizen het Woensdagaand op Twitter gesê: “Hi everyone. I am at home doing well. Please ignore all broadcast messages. Have a good evening.”

Facebook-, BBM- en WhatsApp-boodskappe het gisteraand die ronde begin doen dat Van der Westhuizen op sy sterfbed lê en is daar ʼn beroep gedoen op mense om vir hom te bid. Die boodskappe het begin nadat Van der Westhuizen in ʼn onderhoud met BBC gesê het: “Ek besef dat elke dag my laaste dag kan wees. Dit was soos ‘n rit op ‘n tuimeltrein van die eerste dag af en nou weet ek dat ek op my sterfbed lê.”

Van der Westhuizen is twee jaar gelede met motorneuronsiekte gediagnoseer. Dokters het aan die voormalige skrumskakel gesê hy het tussen twee en vyf jaar om te leef toe hy in 2011 gediagnoseer is. Van der Westhuizen (42) sukkel om te praat, is in ‘n rolstoel en is tans só swak dat hy selfs sukkel om homself te voer. “Ek het my hoogte- en my laagtepunte gehad, maar nou is ek klaar. Ek glo dat daar ‘n groter doel met my lewe is en ek is baie positief, baie gelukkig,” het hy gesê.

“Ek het teen 100 myl per uur geleef. Ek het geleer dat daar te veel dinge is wat ons as vanselfsprekend aanvaar en dit is eers wanneer mens dit verloor dat jy besef waaroor alles gaan,” het hy gesê. “Ek kan nou openlik praat oor die foute wat ek gemaak het, want ek weet my geloof sal nie ophou nie en dit sal nie verydel nie.”

Hy spandeer tans die meeste van sy tyd saam met sy twee kinders, Jordan (7) en Kylie (5). Hy het ook die J9-stigting op die been gebring om bewusmaking oor die siekte te skep.

Die foto wat saam met die Facebook-, BBM-, WhatsApp-boodskappe die ronde gedoen het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Griet ·

WOW ! ! !

” Ek het teen 100 myl per uur geleef……” Ek beny jou!! Mag elkeen van ons wat dit lees besef dit lewe is hopeloos te kort om te mors op kwaad wees, skinder en ander nuttelose aktiwiteite.

Sterkte en seën, mag die Vrede wat alle verstand te bowe gaan, jou elke dag omvou en dra.

Michael Moses ·

Alles is moontlik vir die wat glo:Jesus het die Prys betaal.Behou die geloof want dit my vriend beskaam nie.
Isaiah 1:18 KJV

Come now, and let us reason together, saith the Lord : though your sins be as scarlet, they shall be as white as snow; though they be red like crimson, they shall be as wool.

alida ·

Jy nog altyd my held! Dankie dat ek so bja kon leer uit jou! En ek weet God het elkeen met a doel geskape, sterkte n bid vi jo

Christine ·

Joost jy is in my gebede en ons Vader is met jou.. Altyd!!!

Bianca ·

Ai Joost, my hart het amper gaan staan toe ek gister die broadcast kry, ‘n mens is bewus van jou siekte, maar ‘n mens is nooit voorbereid vir die ergste nie. Ons God is Groot, ek wou dit net nie glo nie en Hy het my rustigheid gegee, toe weet ek jy is okay. Jy is ‘n wonderlike pa vir jou twee kinders, en ek glo ons Hemelse Vader sal jou al die tyd gun wat nodig is, Hy ken jou hart. Wees sterk, almal dink aan jou.

Lee ·

Dis vir my so snaaks dat suid afrikaners ons ons celebs so uit mekaar kan trek en kruisig as hulle een voetjie skeef sit, maar as hulle iets oorkom, dan huil die selfde beoordelaars hulle harte uit. Hansie Cronje is een so voorbeeld… arme Steve Hofmeyer se duisend stukkies sal seker nooit weer geheg kan word nie. Dank Vader hy is nog gesond en gelukkig… maar mense sal seker ook ‘n rolprent oor hom maak as hy iets moet oorkom. Joost was deur mense uitmekaar geskeur oor iets wat hy aangevang het, wat in die eerste plek niemand se besigheid was nie. Nou huil die selfde kruisigers hard oor hom. Ons celebs se lewens moet hulle eie wees. Elkeen gaan verantwoording doen eendag oor sy eie doen en late. Arme Bless Bridges het ook so paadjie gestap. Ons celebs is nie volksbesit nie. Hulle behoort aan hulself en behoort die spasie gegun te word om hulle lewens te lei soos hulle goed dink…sonder dat suid afrika hulle beskinder en aftrek. As ons meer vir hulle bid en ondersteun sal hulle meer geliefd voel en minder onder kruisverhoor. As jy iemand liefhet dan oordeel jy nie so fel nie.
Ek dink die pad wat Joost nou stap ‘n swaar een is…en as ek kon sou ek graag namens die skuldiges wil om verskoning vra daarvoor. Ek was vies oor hoe hulle jou behandel het oor jou oordeel en keuse van hoe om te leef. Dit is wat dit was…JOU keuse. Ek is jammer oor die twee gesigte wat langs die veld vir jou “gecheer” het en jou later verloën het. My gebede is met jou dat God jou sal krag gee en jou lewe as n testimony sal gebruik. Jy’s ‘n ster.

sanet smal ·

Joost ek veral bid vir jou want ek het ook alles as vanselfsprekend aanvaar tot die dr vir my gese het ek het kanker. Deur geloof is ek genees en 2 jaar in rimusie. Ek weet dit is moeilik maar moet nie gaan le voor jy weet dit is finaal nie. Jy is n wonderlike mens en ons almal is lief vir jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.