Joost gaan VSA toe vir behandeling

Van der Westhuizen tydens 'n besoek aan die Springrugby-museum in Kaapstad in September 2013. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Van der Westhuizen tydens ‘n besoek aan die Springrugby-museum in Kaapstad in September 2013. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, het Sondag aangekondig dat hy op pad is Amerika toe om behandeling te ontvang vir motorneuronsiekte.

“Hulle het gesê ek sal na ʼn jaar in ʼn rolstoel wees. Hulle het gesê ek het ʼn 20% kans om twee jaar te leef. En ek het besluit se voet, ek sal besluit wanneer ek gaan,” het Van der Westhuizen in ʼn verklaring gesê. Hy is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte, gediagnoseer. Van der Westhuizen vlieg Sondag Amerika toe waar hy sal deelneem aan kliniese studies by die Massachusetts-hospitaal in Boston. Dr. Merit Cudowicz, die hoof van neurologie by die hospitaal, is tans besig om navorsing oor motorneuronsiekte te doen. Van Der Westhuizen, wat die J9-stigting gestig het om ander MNS-lyers te help, sal ook die Eleanor en Lou Gehrig-sentrum in New York besoek. Die sentrum verskaf navorsing en kliniese ondersteuning aan MNS/ALS-lyers. Van der Westhuizen sê hy hoop om ʼn soortgelyke sentrum in Suid-Afrika op die been te bring. “Aan die begin gaan jy deur al die emosies en jy vra: ‘Hoekom ek?’. Dis eintlik maklik: ‘Hoekom nie ek nie?’. As ek hierdeur moet gaan om toekomstige generasies te help, hoekom nie ek nie?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan Olivier ·

Sterkte Joost! Hoop en bid jy kry n oplossing en verligting van jou toestand. Hou die blinkkant bo!

Antjie ·

Joost dis reg dat jy so positief is! Ek wens jou alles van die beste toe. Mag ons ware God in die hemele jou die nodige krag gee en Sy hand van genesing oor jou uitstrek. By Hom is niks onmoontlik nie. Sterkte my vriend!

Antjie ·

Joost dis wonderlik dat jy so positief is! Ek wens jou alles van die beste toe. Mag ons ware God in die hemele jou die nodige krag gee en Sy hand van genesing oor jou uitstrek. By Hom is niks onmoontlik nie. Sterkte my vriend!

Babs ·

Sterkte Joost. Ons gebede is met jou. Vertrou ons Hemelse Vader. Hy is Groter as almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.