Joost in hof om boek te keer

Van der Westhuizen tydens die opening van die Springbok-museum in Kaapstad op 24 September. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Van der Westhuizen tydens die opening van die Springbok-museum in Kaapstad op 24 September. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Die hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag ʼn aansoek deur die oud-Springbok Joost van der Westhuizen aanhoor om die vrystelling van ʼn boek oor sy huwelik met Amor Vittone te verbied.

Die boek – met die “werktitel” Joost en Amor – agter die skerms is geskryf deur die joernalis Gavin Prins en is veronderstel om in Oktober te verskyn. Ferdi Hartzenberg, Van der Westhuizen se regsverteenwoordiger, het vroeër gesê sy kliënt se gesondheid kan negatief geraak word deur die publikasie van die boek. Van der Westhuizen het motorneuronsiekte (MNS). Hartzenberg sê Random House Struik, die uitgewer van die boek, se geheimhouding rondom die inhoud van die boek het hulle gedwing om die aansoek voor die hof te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Beukes Geldenhuys ·

Wie behalwe die skrywer word bevoordeel deur die boek? Behalwe siek mense wat soetsappige stories oor ander se foute nodig het om hulself te vermaak. Hoekom word dit toegelaat dat enige iets buite rugby met sommer enige iemand gedeel word? Vertel van Joost se goeie en slegte rugby besluite en elk se gevolge, maar wie wil weet van wat in Amor se persoonlike lewe tebeur het inelkgeval? Al wat die skrywer doen is om geld te probeer maak uit iemand se foute, dis al.

Anne-marie ·

Asb, kan mense nie ander se privaat lewe, respekteer nie. Gun hom tyd met sy vrou en kinders, asb. Lewe is so kort. Ek sal my nooit self verryk op ander se verlede nie.

Amanda/Sindy ·

Joost kan besluit. Die verlede hoort waar dit nou is!! Begrawe vir altyd!!

Lank,lank gelede. Nuwe hoop nuwe toekoms nuwe julle!!!

Onthou woorde geskryf was woede en seer!! Nou is die seer weg en hulle is weer ‘n gesin op hul manier. Kinders wil mooi dinge onthou nie die sleg!!

leana ·

Dit maak my so vies as mense nie hul neus uit ander se sake kan hou nie! Dit wat gebeur het, het niemand behalwe vir Joost en sy gesin skade berokken nie. Daar is duisende huwelike vol geraamtes in die kas.

Hoop Joost dagvaar die skrywer ook sommer vir belastering en naamskending. Dit was in die 1ste plek laag en gemeen!

By gese, dis onnodige onkoste wat Joost nou moet aangaan om te betaal vir prokureurs, advokate ens.

RY HOM JOOST!!

leana ·

Wat beteken dit???

Jou kommentaar word gemodereer.

Het ek iets verkeerd gese?

Michelle ·

Dis vir my baie hartseer dat die skrywer van die boek, soos ‘n aasvoel, teer op iemand anders se persoonlike lewe. Wat het Joost se persoonlike lewe (wat hy ookal verkeerd/reg gedoen het) met ons (die publiek) te doen? …..dis vir siek, soetsappige skinderbekke wat niks goeds te se het oor ander nie. Los die man uit en lei jou eie lewe, of gaan sit ‘n warm storetjie van jouself in Huis-Genoot. Waarom wil jy die oorsaak wees van ‘n onskuldige man se dood ….en dit om in die kollig te wees en ‘n bietjie geld te maak? Ek wens vir die skrywer se finansiele ondergang (reg sal geskied).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.