SMS’e en BBM boodskappe word tans rondgestuur waarin daar beweer word dat Van der Westhuizen, wat vroeër met motorneuronsiekte gediagnoseer, dood is. Ander boodskappe beweer hy is in ʼn koma. Dit het ook op Twitter gegons oor sy “dood”. Van der Westhuizen het egter op sy Facebook en Twitter die gerusstelling gegee dat hy nie dood is nie. “Ek is 100% fine. Daar is niks fout nie. Het ‘n awesome dag agter die rug. Lekker aand v almal!!” het Van der Westhuizen op Twitter gesê. Van der Westhuizen het Sondag in ʼn hartroerende onderhoud op Carte Blanche gepraat oor sy voortdurende stryd teen motorneuronsiekte.
Die gerugte het moontlik begin nadat die sanger Fredi Nest Maandag in ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem is nadat hy twee hartaanvalle gehad het. Nest het Maandagoggend by sy huis in Pretoria ineengestort. Hy is in ʼn stabiele toestand.
DIT KAN MISKIEN WEES OOR DIE LAASTE TWEE LETTERS VAN DIE TWEE SE…. “JOO-ST” EN “NE-ST” EN BAIE GOU HET ALMAL TOE DIE KAT AAN DIE STERT BEET!!! … DIT GAAN ALLES OOR DIE …”ST”