Joost op sy sterfbed

Joost van der Westhuizen Foto: BBC, Getty Images

Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, nader die einde van sy lewe twee jaar nadat hy met motorneuronsiekte gediagnoseer is.

“Ek besef dat elke dag my laaste dag kan wees,” het Van der Westhuizen aan die BBC in ‘n onderhoud gesê. “Dit was soos ‘n rit op ‘n tuimeltrein van die eerste dag af en nou weet ek dat ek op my sterfbed lê.”

Motorneuronsiekte tas dele van die senustelsel aan en lei uiteindelik tot verlamming, spraakprobleme en die persoon sukkel om te sluk en asem te haal. Dit is ongeneeslik en byna altyd noodlottig.

Dokters het aan die voormalige skrumskakel gesê hy het tussen twee en vyf jaar om te leef toe hy in 2011 gediagnoseer is. Van der Westhuizen (42) sukkel om te praat, is in ‘n rolstoel en is tans só swak dat hy selfs sukkel om homself te voer.

“Ek het my hoogte- en my laagtepunte gehad, maar nou is ek klaar. Ek glo dat daar ‘n groter doel met my lewe is en ek is baie positief, baie gelukkig,” het hy gesê.

Van der Westhuizen was deel van die span wat in 1995 die Rugby Wêreldbeker gewen het en is vier jaar later as kaptein van die Springbokke aangewys. Hy het 38 drieë in toetsrugby gedruk en het 89 keer as ‘n Springbok op die veld gedraf. Hy het in 2003 uit rugby getree.

Beeldmateriaal van Van der Westhuizen en ‘n prostituut waar hulle ook kokaïene gebruik het in 2009 aan die lig gekom. Hy en sy vrou is daarna geskei en sy kontrak met SuperSport is daarna gekanselleer.

“Ek het teen 100 myl per uur geleef. Ek het geleer dat daar te veel dinge is wat ons as vanselfsprekend aanvaar en dit is eers wanneer mens dit verloor dat jy besef waaroor alles gaan,” het hy gesê. “Ek kan nou openlik praat oor die foute wat ek gemaak het, want ek weet my geloof sal nie ophou nie en dit sal nie verydel nie.”

Hy spandeer tans die meeste van sy tyd saam met sy twee kinders, Jordan (7) en Kylie (5).

Hy het ook die J9-stigting op die been gebring om bewusmaking oor die siekte te skep.

-SAPA

Lees ook:
Joost: ‘Ek is by die huis en dit gaan goed’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

Ons maak ALMAL foute, neem verkeerde besluite teen ons beterwete … Ek weet Joost sal nie hierdie skrywe sien nie, MY HART HUIL VIR JOU JOOST !! As ek maar net jou hand in myne kon neem, jou net ‘n drukkie kon gee. “Ek het my hoogte- en my laagtepunte gehad, maar nou is ek klaar. Ek glo dat daar ‘n groter doel met my lewe is en ek is baie positief, baie gelukkig,” – DIS WONDERLIK, ek is so bly jou saak met die Here is reg ! Hoeveel mense kry geleentheid om dit reg te maak. Hou jou… Lees meer »

Peter Vonk

Sterkte Joost,maar,moet Nooit moed opgee nie.

Ezanne

Joost my hart breek vir jou, vir julle. Mag jy in die tyd net nader aan Vader beweeg en Sy Krag en nabyheid meer intens ervaar! Julle bly in ons gebede. Seenwense!

Seg Net

Ja, Joos is moontlik in ‘n baie beter posisie as baie van ons wat liggaamlik gesond, maar geestelik siek is.

Ethney Kriel

Sterkte Joost & Amore. Mag die Here julle in hierdie tyd naby wees.