Joost op sy sterfbed

Joost van der Westhuizen Foto: BBC, Getty Images

Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok-kaptein, nader die einde van sy lewe twee jaar nadat hy met motorneuronsiekte gediagnoseer is.

“Ek besef dat elke dag my laaste dag kan wees,” het Van der Westhuizen aan die BBC in ‘n onderhoud gesê. “Dit was soos ‘n rit op ‘n tuimeltrein van die eerste dag af en nou weet ek dat ek op my sterfbed lê.”

Motorneuronsiekte tas dele van die senustelsel aan en lei uiteindelik tot verlamming, spraakprobleme en die persoon sukkel om te sluk en asem te haal. Dit is ongeneeslik en byna altyd noodlottig.

Dokters het aan die voormalige skrumskakel gesê hy het tussen twee en vyf jaar om te leef toe hy in 2011 gediagnoseer is. Van der Westhuizen (42) sukkel om te praat, is in ‘n rolstoel en is tans só swak dat hy selfs sukkel om homself te voer.

“Ek het my hoogte- en my laagtepunte gehad, maar nou is ek klaar. Ek glo dat daar ‘n groter doel met my lewe is en ek is baie positief, baie gelukkig,” het hy gesê.

Van der Westhuizen was deel van die span wat in 1995 die Rugby Wêreldbeker gewen het en is vier jaar later as kaptein van die Springbokke aangewys. Hy het 38 drieë in toetsrugby gedruk en het 89 keer as ‘n Springbok op die veld gedraf. Hy het in 2003 uit rugby getree.

Beeldmateriaal van Van der Westhuizen en ‘n prostituut waar hulle ook kokaïene gebruik het in 2009 aan die lig gekom. Hy en sy vrou is daarna geskei en sy kontrak met SuperSport is daarna gekanselleer.

“Ek het teen 100 myl per uur geleef. Ek het geleer dat daar te veel dinge is wat ons as vanselfsprekend aanvaar en dit is eers wanneer mens dit verloor dat jy besef waaroor alles gaan,” het hy gesê. “Ek kan nou openlik praat oor die foute wat ek gemaak het, want ek weet my geloof sal nie ophou nie en dit sal nie verydel nie.”

Hy spandeer tans die meeste van sy tyd saam met sy twee kinders, Jordan (7) en Kylie (5).

Hy het ook die J9-stigting op die been gebring om bewusmaking oor die siekte te skep.

-SAPA

Lees ook:
Joost: ‘Ek is by die huis en dit gaan goed’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Trippie ·

Ons maak ALMAL foute, neem verkeerde besluite teen ons beterwete …

Ek weet Joost sal nie hierdie skrywe sien nie, MY HART HUIL VIR JOU JOOST !!

As ek maar net jou hand in myne kon neem, jou net ‘n drukkie kon gee.

“Ek het my hoogte- en my laagtepunte gehad, maar nou is ek klaar. Ek glo dat daar ‘n groter doel met my lewe is en ek is baie positief, baie gelukkig,” – DIS WONDERLIK, ek is so bly jou saak met die Here is reg ! Hoeveel mense kry geleentheid om dit reg te maak.

Hou jou in gebed … jou kinders, ouers, familie en elkeen na aan jou hart !

Jacoıba ·

Joost ons Blou Bul Held ons Sprıngbok Held ons bıd vır jou jy ıs rerıg n HELD

Ezanne ·

Joost my hart breek vir jou, vir julle. Mag jy in die tyd net nader aan Vader beweeg en Sy Krag en nabyheid meer intens ervaar! Julle bly in ons gebede. Seenwense!

Seg Net ·

Ja, Joos is moontlik in ‘n baie beter posisie as baie van ons wat liggaamlik gesond, maar geestelik siek is.

Ethney Kriel ·

Sterkte Joost & Amore. Mag die Here julle in hierdie tyd naby wees.

Joos & Ina cheepers ·

Sterkte vir julle en ons dink aan julle in ons gebede.

Franconette ·

Baie van ons wat hier lees, sal dalk nog voor Joost sterf, want ons word elkeenmet ‘n vervaldatum gebore. Joost, niemand kan hom eers indink oor waardeur jy gaan nie en wat in jou gemoed omgaan nie. Te midde van jou seer en pyn, wil ek tog vir jou vra om dankbaar te wees vir die tyd wat jy gegun is om reg te maak en jou lewe in orde te kry. Baie ander kry nooit daardie kans nie. En dit klink vir my asof jy ‘n 360 grade draai gemaak het, daarom wil ek vir jou sê hoe hartverskeurend dit ookal mag wees om te weet jy sal jou geliefdes moet groet – hoe ongelooflik die vooruitsigte op dit wat op jou wag. Ek weet Jesus Christus dra jou dag vir dag en groet jou, want ons gaan mekaar eendag weer sien. Vir Amore en jou kinders bid ek die sterkte van die Here toe dat hulle die laaste tye saam met jou voluit kan leef en geniet. En dat julle kosbare herinneringe as gesin saam sal opbou waaraan hulle in die donker tye hierna kan vashou. Ons dink met liefde en deernis aan julle

Lynette ·

daar is niks wat iemand kan sê wat jy nie al gehoor het nie Joost – dis ‘n pad – jou pad wat NET jy moet stap – mag God se seën op jou val… jou nalatenskap sal voortleef…

Lynette ·

… dit gaan so “lame” klink as ek sê dat ek jou in ‘n mate beny (…”EK gaan om ‘n plek vir jou voor te berei…) WOW emagine!!! X

Jacoba ·

Jou kındes sal vır altyd trots wees op jou. Ons bıd vır hulle en jou famılıe. Sterk wees en glo aan Onse Vader

wilma ·

Joost my hart gaan uit na jou….. Jy is in ons Vader se Hand. Ek is bly jy spandeer nou al jou tyd aan jou kinders en familie.

Joost jy was altyd my held gewees en elkeen maak foute en soos die ander gese het is jy baie gelukkig om jou saak met ons Vader reg te kon maak….

Ons sal mekaar weer ontmoet in ons Vader se huis…. Xxxxxx

JACQUELINE ·

JOOST ,,ek glo in alle wonderwerke ,ja die Dr het n se maar nie die laaste se nie ,ek gee jou hoop ,,die selfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het ,,kan jou ook opvek ,,ek glo en bid dat God jou tweede kans in die lewe sal gee ,,ek bid my vriend ,,,ek bid geneesing in jou lewe ,,EK SPREEK LEWE IN JOU IN DIE HEILIGSTE NAAM VAN JESUS LEWE VEG VIR JOU LEWE MOET NIE OP GEE VRA DIT IN DIE NAAM VAN JESUS ,,VEG DAT JOU KINDERS N PA KAN HE ,,VEG MY VRIEND VEG ,,,NIKS IS ONMOONTLIK BY GOD NIE ,EN WAAR DAAR TWEE DRIE OOREENSTEM DAAR IS DIE HERE ,,,,EK SPREEK IN ELKE SEL NOU OM GENEES TE WORD NOU IN JESUS NAAM ,,HERE HELP ,,HERE GENEES,,,LAAT U KRAG EN TEENWOORDIGHEID NOU EN U SALWING OOR MY BRIEF KOM ,,HERE ,,MAG U JOOST DIT LEES ,,,JESUS HET DIE LAASTE SE VEG ,,,,

Caroline ·

Joost bly posetief, ons almal staan agter jou, ons bid vir jou. Jy was en sal altyd my held bly. Geen mens op di aarde is perfek ni, almal maak foute. Ons is lief vir jou nes jy is, sterkte my maat.

Karel ·

An every day message for you: Jesus died for You so that HIS LOVE FOR YOU will never die… John 3:15 and 16

Rinie ·

Die verlede maak nie saak nie… dis verby. Dit wat voorle is baie belangriker. Ek glo dat jy jou vergifnis gekry het… Glo dit! En maak dit wat nog oorbly die BESTE!!!

Bid vir jou en jou familie en kinders in hierdie tyd

hanna ·

Mag onse Vader van genade met jou en jou familie wees.sterkte Joost en bly so gelowig soos jy is. Jy is n voorbeeld vir ons gesondes.Geniet elke saamwees oomblik met jou kinders.Groete aan hul ook.

anna ·

EK SPREEK LEWE IN JOU IN DIE HEILIGSTE NAAM VAN JESUS LEWE VEG VIR JOU LEWE MOET NIE OP GEE VRA DIT IN DIE NAAM VAN JESUS ,,VEG DAT JOU KINDERS N PA KAN HE ,,VEG MY VRIEND VEG ,,,NIKS IS ONMOONTLIK BY GOD NIE ,EN WAAR DAAR TWEE DRIE OOREENSTEM DAAR IS DIE HERE ,,,,EK SPREEK IN ELKE SEL NOU OM GENEES TE WORD NOU IN JESUS NAAM ,,HERE HELP ,,HERE GENEES,,,LAAT U KRAG EN TEENWOORDIGHEID NOU EN U SALWING OOR MY BRIEF KOM ,,HERE ,,MAG U JOOST DIT LEES ,,,JESUS HET DIE LAASTE SE VEG ,

anna ·

Joost mag God jou hand vat en saam met jou wees. Mag God met die ouers broer neef nig tannie oom en sy 2 pragtige kinder wees. Psalm 121

polla ·

Joost,is en was wonderlik om jou te ken,,ek het altyd in jou geglo,,op die rugby veld,in besigheid ekn ook toe al die lelike goed ter sprake was…..wie is enige iemand omte oordeel oor enige ander persoon.Jy moet berus dat jy vir baie mense groot plesier gegee het.RUS EN VREDE VIR JOU CHAMP.

Trippie ·

Bennie Liebenberg

Nuusberig so pas op Jacaranda FM radio – gepraat met CEO van J9 stigting (Joost vd Westhuizen) berigte oor Joost is onwaar. BBC oorsee het nie feite reg nie! Gaan goed met Joost en nie “op doodsbed“ nie! Gebede word steeds waardeer. Lig asb mense in om eers seker te maak van feite voor stories versprei word wat hom en sy familie seermaak. Hy lewe nog en hy, sy familiie en kinders word traumatiseer deur sulke snert.

Hou van · · Deel · 44 minute gelede op sellulêr ·

*** Bostaande is vanaf ‘n FB vriend ontvang.

.

Paul ·

Hi Trippie, wonder hoekom laat dit my nou weer dink aan ou Madiba, dood verklaar en tog lewe albei, rugby en albei helde.

Trippie ·

Boodskap van Joost !

***

Joost Support Group

This is a tweet from Joost 3min ago.
Joostvdwesthuizen @9Joost 3m

HI everyone. I am at home doing well. Please ignore all broadcast messages. Have a good evening!

wilma ·

Ek iss baie bly om dit te hoor…. Maar dat mense sulke snet kan publiseer maak my woedend….
Onthou net ons staan by jou net soos ons Hemelse Vader

Henning Smit ·

Toe ek die eerste keer gehoor het jy het daardie siekte het ek gesê ek bid vir jou en alle sterkte. Want volgens aanduidings sou jy deur hel gaan. Dit is 2 jaar gelede wat ‘n pad het jy nie geloop in hierdie 2 jaar nie? watter voorbeeld was jy nie? hoeveel mense se harte en houdings het jy nie verander nie?.
En nou is jy aan die einde van jou eindelike kort lewe. Maar ek dink as jy terug dink het jy gedoen wat jy moes doen. Weet een ding, jy sal altyd onthou word nie vir die slegte dinge nie maar vir die uitstekende wat jy was en is tot vandag.
Sterkte en vrede vir jou en jou familie en mag jy die Here se hand oor jou voel tot die einde.
Ek huldig jou JOOST VAN DER WESTHUIZEN ‘n Groot man.

Lizz Gijzen ·

Ek dink aan jou, Bid vir jou, En wil net vir jou laat weet dat Jesus jou hand vashou en ook vir Amor en jou pragtige kinders. Sterkte Joost van der Westhuizen….. Jy sal ALTYD ons held bly,
Be Good, Stay Haooy and God Bless!!!!! Love you Lots Like Jellie Tots Joostie.
Lizz Gijzen en die res van ons familie hier in Walkerville.

Elize ·

Dit is nie waar nie. Media versprei stories wat nie ge-“confirm” is nie. Joost het persoonlik op sy Twitter profile gisteraand gesë dat al die stories geignoreer word. Hy is in munt kondisie en dat die mense nie hoef bekommerd te wees nie. Die media is lief om enige stories te versprei sonder dat hulle feit het!

celeste ·

Ek so bly Joost is nog met ons Go man go! kyk net hoeveel mense is lief vir jou.

Eugene ·

MAROELA JULLE SUCK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Kan nie glo julle gebruik n held soos Joost as goedkoop publisiteit en skryf n artikel met n opskrif “Joost op sy sterfbed” nie. Nie een keer se julle dit weer in die artikel nie. Julle is DROLLE!!! en soek net meer traffic na julle “low-budget” website toe.

Die heel hartseerste is julle is deel van Solidariteit wat n geloofwaardige organisasie behoort te wees.

Liewe redakteur… Bedank jou job en gaan werk vir n plek soos SONDAG Koerant.

Yvonne ·

Hene Maroela, julle praat van iemand se sterfbed, maar tong in die kies herinner julle duisende lesers van Joost se voormalig foute. Ag sies man!!!!!!! Het julle wraggies nie groter nuus, soos Sirie se chemiese bomme, waaroor julle kan skinder nie? Wie van julle is skandvry, want slegs daardie een mag die eerste klip gooi. Ek hoop julle sal jammer se, anders is julle niks anders as NASPERS nie.

Carl Muller ·

Al te vroeg, In my ma se Bybel gekry na haar afsterwe..
Do not stand at my grave and weep
I am not there. I do not sleep.
I am a thousand winds that blow.
I am the diamond glints on snow.
I am the sunlight on ripened grain.
I am the gentle autumn rain.
When you awaken in the morning’s hush
I am the swift uplifting rush.
Of quiet birds in circled flight.
I am the soft stars that shine at night.
Do not stand at my grave and cry;
I am not there. I did not die.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.