Joost se dringende versoek om boek te keer vandag in hof

Joost van der Westhuizen.

Joost van der Westhuizen.

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Woensdag ʼn aansoek deur die oud-Springbok Joost van der Westhuizen aanhoor om die vrystelling van ʼn boek wat glo “alles vertel” oor sy huwelik met Amor Vittone, te verbied.

Die dringende aansoek sou Dinsdag in die hof aangehoor word, maar het na Woensdag oorgestaan omdat die hofrol vol was.

Die boek met die voorlopige titel Joost en Amor – agter die skerms is geskryf deur die vermaakjoernalis Gavin Prins, wat ook die adjunkredakteur van die Heat-tydskrif is. Die boek is geskeduleer om in Oktober te verskyn.

Lees ook:
Joost-boek: Verhoor staan oor
Joost wil biografie keer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Somerset Morkel ·

Die outeur vd boek kom uit die sensasie-joernalistiek, so die boek is sekerlik verdag. Maar tensy dit pertinente leuens bevat, moes Joost dit liewer laat gaan het en iemand anders ‘n blits-opvolgboek laat skryf het om dit reg te stel. Ek twyfel of dit werklik wesentlik impak op sy siekte het. Hy is ‘n ikoon, dit sou goed verkoop. Of die boek nou verbied word of nie die inhoud sal op ander maniere – in artikels ens na vore kom. En die debat wat hy nou in gaan beland, gaan in elk geval dieselfde effek he op hom as persoon. Hy betaal die prys vir die droogmaak in sy lewe. Hy moet eerder die publiek, sy vrou en kinders en sy ondersteuners (waarvan ek een is) om vergifnis vra en aangaan met die laaste dae van sy lewe. Dit lyk nou werklik of hy nog iets het om weg te steek.

wragtig ·

Ek respekteer Joost maar as hy skandes gemaak het laat dit uitkom. Ons almal maak skandes. Party net meer sappig.

Stomgeslaan ·

Het ons werklik nodig om te weet wat in hulle huwelik gebeur het? Wat het dit met ons en veral Gavin Prins, te doen? Is dit nie tussen Amore en Joost nie? Regtig! Is ons lewens so eentonig en vervelig dat ons opwinding vind in ander se doen en late? Gavin Prins is nie deel van die huwelik gewees nie, so die vraag ontstaan oor waar hy sy inligting gekry het en hoe waar is dit?? My opinie is dat Gavin het net ‘n manier gesien om geld te maak uit iemand anders se leed. Siestog.

mariaan ·

Joost sowel as Amor het self gekies om hulle privaat lewe openbaar te maak. Hy het so pas weer aan die media vertel dat hy nou genees is van MNS. Die koerante was altyd vol sappige skinderstories oor die twee. Wat kan nog uitkom? Dit laat mens wonder, waarom is hy so gekant teen die boek.

namibiaengel ·

Hy seker bang dit plaas haar in swak lig aangesien sy nou na hom kyk met sy kamtige siekte en dan wyer sy dalk. Hy het haar mos nou nodig, maar moes seker daaraan gedink het voor hy die boek begin skryf het, sal nie nou help om te keer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.