Joost wil biografie keer

Joost en Amor

Joost en Amor

Die voormalige Springbokrugbyspeler, Joost van der Westhuizen, se prokureurs het ’n dringende aansoek by die hof ingedien om te verhoed dat ʼn boek van sy lewe en huwelik saam Amor gepubliseer word, het Beeld Maandag berig.

Ferdi Hartzenberg, Van der Westhuizen se prokureur, het gesê sy kliënt, wat aan gevorderde motorneuronsiekte (MNS) lei, se gesondheid kan nadelig beïnvloed word as die boek, wat deur die joernalis Gavin Prins geskryf word, gepubliseer word. “Die ‘bottom line’ is enige onnodige stres en kommer oor die boek in die lig van sy siekte kan tot sy vervroegde dood lei omdat stres dodelik is vir MNS,” het Hartzenberg gesê. “Die vraag wat ons in die hof gaan vra, is of dit regtens aanvaarbaar is dat onder meer Joost se reg op lewe ondergeskik is aan mnr. Prins se reg op vryheid van spraak.”

Prins en sy prokureur, Willem de Klerk, het Sondag nie op verskeie versoeke van Beeld om kommentaar te lewer, reageer nie.

Die boek se voorlopige titel is Joost en Amor – agter die skerms, en die boek sal moontlik vroeg in Oktober verskyn.

Die aansoek is vir 1 Oktober op die hofrol geplaas.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nita ·

hoekom wil mense so graag derms uitryg??????? Joost is deur genoeg spanning, waarom nou nog meer veroorsaak? Ek hoop daardie boek word heeltemal afgeskiet!!!!!!

Hanlie ·

Ek verstaan nou nie…ek dog dan hy is gesond gemaak deur die Anton-man…..dan erken Joost mos dat hy steeds siek is…….

Fanie Oosthuysen ·

Wat is Gavin Prins se doel om so ‘n boek te publiseer? Is dit vir sensasie? het arme Joost en Amor nie al genoeg gelei onder goedkoop beriggewing? Verbied Prins om ooit weer ‘n berig te skryf

Erich Goosen ·

Maroela, kom ons probeer weer. Ek het basies dieselfde as Fanie Oosthuysen gese maar bygevoeg dat Gavin Prins bekend is iemand wat sy vaardighede uitstal deur allerlei skinderstories op te dis en dit maak hom in my oe die Suid-Afrikaanse Hedda Hopper (sy was die skinderkolomrubriek koningin in Hollywood). Sal nie aanbeveel dat hierdie boek gekoop woird nie want dit kan m.i. nie enige letterkundige waarde he nie.

Anoniem ·

Gavin Prins, los asb ander mense uit? As jy nie oor Joost skryf nie dan skryf jy ‘n klomp nonsense oor Oscar. Die arme mense is alreeds deur God vergewe, en die seer wat hulle deurmaak is byna vir ‘n mens onmoontlik om te dra. Het jy nog nooit sonde gedoen nie? Om te begin – jy praat van vryheid van spraak! Vee eers voor jou eie deur – jy wat met ‘n man getroud is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.