Jordaan glo vermoor na rusie oor sokkerwedstryd

'n Plakkaat met 'n foto van Andrew Jordaan word aan die brand gesteek tydens sy hofverksyning op 9 Junie 2008. Foto: Jaco Marais/SAPA

Sheldean Human se moordenaar, Andrew Jordaan, is glo vermoor na ʼn rusie oor ʼn sokkerwedstryd.

Die departement van korrektiewe dienste het Maandagoggend bevestig dat Jordaan Sondagoggend dood is na hy deur ‘n medegevangene, Justice Mazuwa, aangerand is in die Leeuwkop gevangenis. Die Sowetan berig intussen dat Jordaan en Mazuwa in ʼn argument betrokke geraak het oor Saterdag se sokkerwedstryd tussen Liverpool en Manchester United. United het die Liverpool met 2-1 geklop. Luis Suarez van Liverpool het glo geweier om Patrice Evra se hand te skud voor die wedstryd wat gelei het tot ʼn struweling tydens rustyd. Jordaan en Mazuwa het glo in ʼn geveg betrokke geraak hieroor en jordaan is vermoor. Mazuwa dien tans ʼn vonnis van 15 jaar tronkstraf uit vir moord en diefstal. Lees meer hier.

Jordaan is in Junie 2008 lewenslank tronkstraf opgelê vir die moord op Human. Hy is ook tot ʼn bykomende drie jaar tronkstraf gevonnis vir ontvoering en ʼn verdere tien jaar omdat hy haar probeer verkrag het. Human het op 18 Februarie 2007 vermis geraak nadat sy en ʼn maaitjie saam met Jordaan van ʼn park in die omgewing teruggekeer het na ʼn kommune in Pretoria Tuine. Human se lykie is sowat twee weke later in ʼn stormwaterdrein tussen die varsproduktemark en die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) gevind. Jordaan het haar lyk aan die polisie uitgewys nadat hy deur baasspeurder, brig. Piet Byleveld, ondervra is. Byleveld is by die saak betrek nadat daar koerantuitknipsels van die Leigh Matthews-saak in Jordaan se kamer gevind is. Byleveld het die opspraakwekkende moord op Matthews in 2004 opgelos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.