Jordaan-ongeluk: Albei slagoffers in hoësorg

Dewald Jordaan. Foto: Facebook

Dewald Jordaan. Foto: Facebook

Dewald Jordaan en Natashka van der Walt, wat gister in ʼn ernstige trompopbotsing in Pretoria betrokke was, is albei stabiel en in afsonderlike hospitale se intensiewesorg-eenheid. Dewald is die broer en agent van die Afrikaanse sanger Arno Jordaan.

Maroela Media het Woensdag berig die ongeluk het op De Villabois Mareuil-rylaan tussen Atterbury- en Garsfonteinweg in Pretoria plaasgevind. Albei voertuie het op die toneel uitgebrand. Dewald en Natashka se lewens is geree deur omstanders wat hulle uit die brandende voertuie getrek het. Lees meer hier.

Arno het Woensdagaand op sy Facebook-blad geskryf: “My broer is stabiel in ICU en die dr sê als het mooi geloop, hy’t baie seer gekry, en ek gaan nie in detail ingaan nie die belangrikste is hy leef!”[sic]

Arno het almal bedank vir hul goeie wense, boodskappe en gebede. “Van ons familie se kant af – ons waardeer dit opreg. Baie sterkte aan die van der Walt familie ons is saam met julle en dra julle in ons gebede op!” [sic]

Nastashka van der Walt en haar broer Dean. Foto: Facebook

Nastashka van der Walt en haar broer Dean. Foto: Facebook

Lizandi Burmester, Natashka se vriendin en woordvoerder van haar gesin, het Woensdag op haar Faceboek-blad geskryf: “Julle asb hou vir Nastashka van der Walt in julle gebede. Sy was in ‘n groot kop aan kop kar ongeluk. Altwee karre het uitgebrand. Haar een long het plat geval en haar bene is altwee gebreek. Sy het inwendige bloeding. Asb julle, vat net ‘n paar minute om vir haar te bid.” [sic]

Lizandi het Donderdag nuwe inligting oor Natashka se vordering geplaas. “Nastashka se long is op! Haar bloed druk is mooi en haar hart klop is mooi. Maar hou asseblief aan bid vir die operasie van vandag [sic],” het sy op Facebook gesê.

Dewald se ouers, Vera en Paul, het gesê hulle sal later ʼn persverklaring  oor sy toestand uitreik.

Lees ook:
Foto’s: Arno Jordaan se broer ook in ernstige ongeluk
Foto’s: ‘Net genade’ dat Arno leef
Arno Jordaan beseer in botsing

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.