‘Jou hel begin nou eers’

Ariel Castro

“Ek sal leef. Jy gaan elke dag ʼn bietjie doodgaan.” So het een van die drie vroue wat vir 10 jaar lank deur Ariel Castro in sy huis in Cleveland, Ohio aangehou, herhaaldelik verkrag en aangerand is gesê tydens sy vonnisoplegging.

Castro (53) is lewenslange tronkstraf opgelê sonder die moontlikheid van parool. Hy is ook tot ʼn bykomende 1 000 jaar tronkstraf gevonnis. Die voormalige skoolbusbestuurder het egter aan die hof gesê hy is nie ʼn monster nie en dat hy verslaaf is aan pornografie. Castro het skuldig gepleit op 937 aanklagte insluitend moord met verswarende omstandighede, ontvoering, verkragting en aanranding. Hy is van moord aangekla aangesien hy een van die vroue so hard geslaan het terwyl sy swanger was dat sy ʼn miskraam gehad het. Hy het om verskoning gevra vir sy dade maar volgehou dat die vrouens ingestem het tot die seks.

Castro het vroeër ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan ten einde die doodstraf vry te spring. “Jy het 11 jaar van my lewe weggeneem en ek het dit teruggekry. Ek het elf jaar in die hel spandeer. Jou hel het nou net begin. Ek sal aanbeweeg maar jy sal vir ewig hel toe gestuur word,” het Michelle Knight (32) Donderdag tydens Castro se vonnisoplegging gesê. Sy was die eerste vrou om deur Castro ontvoer te word in 2002. Die ander twee vroue was Amanda Berry en Gina DeJesus. Die drie het op 6 Mei vanjaar uit Castro se huis ontsnap. Berry het Castro se kind gehad in die tyd wat sy in aanhouding was. Knight het vyf miskrame gehad nadat Castro haar uitgehonger en in die maag geslaan het. Een van die vroue is onder andere ook met ‘n stofsuier se koord gewurg toe sy wou ontsnap. Die vroue het tussen 2002 en 2004 verdwyn toe hulle onderskeidelik 14, 16 en 20 jaar oud was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wena catherina Coetzee ·

So n stuk gemors !! Die ding moet vir die leeus gevoer word……3 vroue (jongmeisies) se lewe totaal vernietig…… Hy verdien die doodstraf…….Sy gevreet vertoon “monster”………..:(

Griet ·

In sy geval is die dood straf genadig. Me. Knight is reg – sy hel begin nou. Hy moet vir die res van sy nuttelose lewe elke dag in ‘n tronk sel oordink wat hy aangevang het. Die beste wraak wat hulle kan neem is om aan te gaan en ‘n sukses van die res van hulle lewens te maak terwyl hy vrot in die tronk….

Rudi ·

Ek stem saam met die doodstraf idee. Hy is ‘n ontvoerder, verkragter, and moordenaar – en dis juis die drie misdade wat volgens die Bybel met die dood strafbaar is. Maak hom van kant, ek het niks lus om dieselfde planeet met hom te deel nie.

Stuiwer ·

Sy vonnis is te lig. Hy moet na Suid-Afrika se tronke toe gestuur word waar hy deur die ****-gevangenisse verkrag en geslaan kan word.

abel pienaar ·

Ja so ding moet op die plein vas gemaak word en elke vrou moet hom met n skelpel so klein sny gee en net voor hy vrek hom laat genees dan die proses weer laat begin hy is in boere taal n hond of beledig ek nou n hond

Annamarie ·

In die dronk is daar geen genade vir so `n man nie en hy sal bul en hulle gaan hom in `n hoek dryf en dan hulle ,helle skerp goed uit en dan begin die poppe dans met hom.Vrek gaan hulle hom maak en hy hoort nie in die samelewing nie.So gespuis verdien nie om te lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.