Jou identiteit in ‘n asblik

idBanke, winkels, selfoonwinkels en reisagente gooi kliënte se persoonlike inligting in die asblikke by winkelsentrums en bedrieërs kan dit dan maklik gebruik om identiteite te steel, het die Saturday Star berig.

Bankbesonderhede, kredietkaartvorms met handtekeninge, afskrifte van identiteitsdokumente en huisleningdokumente kan in dié asblikke opgespoor word.

Duncan Waugh, spesialis in bedrogondersoeke, het die koerant op ‘n toer deur Johannesburg geneem om die asblikke uit te wys. ‘n Aantal dokumente, insluitend ‘n vertroulike verklaring om ‘n adres met besonderhede van die huiseienaar te bevestig, sy identiteitsnommer en handtekening met gesertifiseerde afskrifte van sy identiteitsdokument is in ‘n asblik opgespoor.

Daar was ook volle besonderhede van ‘n eksterne oordrag van geld ter waarde van R400 000 met ‘n getekende instruksievorm, die identiteitsdokument van die klënt, bewys van fisiese adres en die ontvanger se volle besonderhede.

Gebiede in Johannesburg waar dié persoonlike en sensitiewe kliënteinligting opgespoor is, sluit Cresta, Rosebank, Sandton, Protea Glen en Southdale in.

Die inligting wat versamel is, is genoeg om bedrieërs toe te laat om bankrekeninge oop te maak, goedere aan te koop, onwettig aansoek te doen vir krediet of toegang te bekom tot mediese fondse.

Waugh sê hy glo bedrieërs wat asblikke deursoek is ‘n groot oorsaak tot identiteitsbedrog in Suid-Afrika. “Groot maatskappye stel hulle kliënte bloot en dit skend ‘n persoon se reg tot privaatheid,” het hy gesê.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sarie van Niekerk ·

Dit verklaar tot ‘n mate al die gemors sms’e wat daagliks op mens se selfoon of e-pos deurkom. Daar is al vir m gese deur mense wat dit stuur, of sal ek se instansies, dat hulle dit van die rica-dadabasis af kry.

Ek dink daar egter daar is ander instansies wat dit aan die spul verkoop of werknemers binne in maatskappye wat die tipe inligting verkoop vir ‘n ekstra inkomste

Dit het regtig tyd geword dat die ANC-regering hel veldtog teen die media,, teen drankadvertensies, vir e-tol en allerhande ander veldtogte opskort en konsentreer op dinge soos hierdie. Ek is oortuig daarvan dit moet ‘n oortreding wees om mense se inligting aan enigiemand te gee sonder die persoon se toestemming. Wat het geword van die ANC se voorneme om dit ‘n strafregtelike oortreding te maak.

Toe ons destyds moes rica is gese jou inligting gaan vertroulik wees. Is jou inligting op die kieserslys nie ook vertroulik nie. Ek het al van die oproepe gekry en wanneer ek hulle begin aanvat oor waar hulle my besonderhede kry dan was die antwoord op die kieserslys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.